Hou die plaas in die familie
Regsake vir boere
Hierdie artikel is verlede maand in Engels gepubliseer, maar na aanleiding van die reaksie van die publiek het ek en die redaksie besluit om dit weer te plaas, hierdie keer in Afrikaans. Verder het ek die artikel vereenvoudig dat net die inligting wat die boer nodig het in die artikel verskyn.
Soos alle boere weet mag net een persoon, of een regsentiteit soos byvoorbeeld ‘n maatskappy, ‘n plaas besit.
Dit lei tot groot frustrasie vir die kinders van boere, aangesien baie families ‘n behoefte het om ‘n plaas in die familie te hou.
Mens sou dink dat die boer sy plaas aan ‘n beslote korporasie of ‘n maatskappy moet bemaak. Ons land se wetgewing bepaal egter dat indien ‘n boer sy plaas so bemaak, die staat ‘n voorkoopsreg sal hê. Met ander woorde, die boedel moet aansoek doen by die staat om vrystelling van die staat se voorkoopsreg te kry en so kry die staat dus die geleentheid om die plaas te koop.
Die wetgewing is egter aangepas in 2014 deur ‘n segulasie wat bepaal dat wanneer plaasgrond in die bereddering van ‘n boedel oorgedra word aan ‘n erfgenaam, waar die erfgenaam nie ‘n maatskappy of ‘n beslote korporasie is nie, het die staat nie ‘n verkoopsreg nie.
Die gevolg van hierdie regulasie is dat indien ‘n boer sy plaas aan ‘n maatkappy of beslote korporasie bemaak in sy testament, het die staat wel ‘n voorkoopsreg.
My interpretasie van die regulasie is dat indien jy jou plaas aan ‘n testamentêre trust bemaak, hoef die eksekuteur nie aansoek te doen vir ‘n vrystelling van die voorkoopsreg nie.
Dit bring my tot my voorstel vir hoe ‘n familie te werk kan gaan om ‘n plaas in die familie te hou.
Ek stel voor dat ‘n boer ‘n testamentêre trust skep in sy testament en dat hy die plaas aan die testamentêre trust bemaak. Die testament moet ook bepaal dat die testamentêre trust vir die voordeel is van al die kinders, in gelyke dele.
In die testament sal die boer sy trustees aanwys en die trustees se regte en pligte uiteensit.
Ek stel ook voor dat die testament bepaal dat indien die plaas verkoop word, dat die trust dan tot ‘n einde kom.
Verder moet die testament ook bepaal dat elke kind ‘n gelyke deel van die trust kapitaal en inkomste sal ontvang by die beëindiging van die trust.
Dus, indien die plaas eendag verkoop word, sal elke kind ‘n gelyke deel van die opbrengs van die plaas ontvang.
Die erfgename wat op die plaas wil boer kan ‘n beslote korporasie registreer wat die boerdery bestuur. Die beslote korporasie sal die geregistreerde eienaar van die diere wees en sal die plaas by die trust huur.
Let wel, hierdie voorstel is ‘n gesofistikeerde oplossing vir die probleem van families wat plase in die familie wil hou. Dit benodig die insette van jou prokureur en ouditeur en ek raai aan dat ten minste een van die trustees van die testamentêre trust ‘n professionele persoon moet wees wat trust-administrasie doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie