Hou die vlag uit politiek
'n Minister het 'n waarskuwing gerig oor die gevare van die gebruik van nasionale simbole vir politieke doeleindes.
Augetto Graig - Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, het 'n dringende beroep op Namibiërs gedoen om nie die landsvlag of ander nasionale simbole by politieke geleenthede te gebruik nie.
“Die gebruik van die nasionale vlag vir politieke redes lok baie kommentaar uit, veral in die sosiale media. Die nasionale vlag is ’n belangrike simbool waarop alle Namibiërs trots behoort op te wees. Dit is ’n heilige simbool van patriotisme. Kom ons vermy die gebruik van die nasionale vlag in politieke betrokkenheid,” het Simataa gesê.
Volgens die minister kan die praktyk die verenigende rol van dié heilige, nasionale simbool skade aanrig. “Moet asseblief nie nasionale simbole besmet nie. Dit moet gebruik word om ons almal te verenig. Elke politieke party het sy eie simbool.”
Hy het gesê alhoewel die reg op vryheid van byeenkomste en interaksie deur die Grondwet en ander wetgewing beskerm word, is die regering se topleierskap bekommerd oor saamtrekke soos laas naweek in die Noorde.
Simataa het onlangs dié opmerkings by die mediakonferensie oor die jongste kabinetsbesluite gemaak.
Die voormalige onafhanklike presidensiële kandidaat in die afgelope nasionale verkiesing, dr. Panduleni Itula, het op 8 Desember saam met leiers van opposisiepartye ’n massabyeenkoms by Oshakati se Uukwangula-sokkervelde gehou. Die Namibiese vlag is prominent by die byeenkoms vertoon, met talle teenwoordiges geklee in klereontwerpe gemik op die tema.
Itula sê hy dra sedert die begin van sy presidensiële veldtog altyd net ’n grysblou pak met ’n das van die Royal College of Surgeons van Edinburgh. “Ek vervaardig nie nasionale simbole nie en ek weet ook nie waar die regte vir vervaardiging bekom of verkoop word nie,” sê Itula.
‘Ek het nie die wetlike magte om burgers of handelaars opdrag te gee om nie nasionale simbole te dra of verkoop nie. Die reg op vryheid van byeenkomste ingevolge artikel 21, en die reg op privaatheid ingevolge vrye keuse van burgers, is onvoorwaardelik.”
Volgens Simataa kan dié soort geleenthede die vreedsame omgewing in Namibië in gedrang stel, en die regte skend van ander burgers se reg op vryheid van beweging. Dit kan waarskynlik vlamvat en die hele land verswelg. So ’n vuur sal nie onderskeid tref nie. Dit sal alles vernietig.”
Hy het gesê die verkiesings is verby "en diegene met griewe kan ordelik en in pas met die wet die howe nader, wanneer dit gebeur. Vryheid van spraak word tot sy uiterste beproef en sy elastisiteit kan tot ’n einde kom. As 'n mens dit te ver rek, kan die nagevolge rampspoedig wees.”
Een voorbeeld wat Simataa uitgelig het, is die verwysing na president Hage Geingob as ’n ‘EVM (elektroniese stemtoesel)-president’.
Veral jongmense gebruik taal wat soos ’n oorlogskreet klink, het hy gesê. “Ons het gesien wat oorlog aan baie lande doen. Druk jouself op ’n ordelike manier uit. Gebruik toepaslike taal. Daar is geen nut vir vernederende boodskappe nie.
“Ons sê nie mense mag nie byeenkom nie, maar doen dit op so ’n manier dat die regte van ander nie geskend word nie. Indien jy die wet oortree, sal jy die gevolge voel.”
Volgens Simataa moet enige betoging ingevolge wetlike proses gehou word, met vooraf polisiegoedkeuring. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie