Hou die vlytige vingers in toom
Hou die vlytige vingers in toom

Hou die vlytige vingers in toom

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Ek dra my hart op die mou en het geen wag voor my mond nie.

Jy kan my emosies dadelik en duidelik op my gesig sien. Geen “poker face” hier nie.

My lont is ook nogal kort en my stem dawerend.

’n Chinese tradisionele dokter in Taiwan het vir my gesê my hart is aan die brand.

Weens die aard van my werk en al hoe meer negatiewe nuus deesdae, kners ek daagliks op my tande en moet ek my vuis in my mond druk om nie te sê wat ek graag wil sê nie.

Verlede week toe pastoor Jackson Babi vir renosterstropery en -horingsmokkelary in die Windhoek-landdroshof verskyn het, het my emosies weer die oorhand gekry.

Terwyl ons wag vir Babi se se saak om te begin, het ek ’n oproep van ’n boer in die Gobabis-distrik gekry met die slegte nuus dat sy gekweste renosterkoei aan haar beserings beswyk het en dat die karkas van haar bulkalf gevind is.

Ek is woedend en tranerig die hof in en luister na Babi se prokureur se gebabbel dat sy kliënt onregmatig in hegtenis geneem is, terwyl ek kyk na die gru-foto’s van die twee karkasse wat die boer aan my gestuur het.

Buite die hof wag Babi se getroue “groupies” van sy House of Joy Ministries. Agterna wikkel ons joernaliste eerste uit die hofsaal om buite in posisie vir foto’s van hom te kom. Terwyl hy aangestap kom, vorm sy gemeentelede ’n menseskild om hom.

“Pappa! Pappa!” skree die vroue en probeer aan hom raak.

Ek neem foto’s en ewe skielik hoor ek my kollega agter my gil: “Wat doen jy?”

Een van die manlike gemeentelede het haar kamera teen haar gesig gestamp en dit daarna teen die muur geklap.

Toe ek die volgende dag haar opgehewe blouoog sien, was ek geskok en woedend. Ek wou ook graag my woede teenoor hierdie sogenaamde Christen-man met “anger issues” (daar is so baie van hulle in ons land) wat ’n kamera in ’n vrou se gesig stamp, op sosiale media uiter. Maar ek het my vingers in toom gehou.

Dink voor jy tik. Sommige mense se vingers is baie vlytig om kommentaar op sosiale media te lewer.

Eerstens, lees voor jy tik.

Ek sien daagliks hoe mense so graag kommentaar op Republikein se artikels op Facebook lewer, sonder om eens die artikel te lees. Jy slaan jou naam met ’n plank.

Onlangs is geskiedenis in Namibië gemaak toe ’n sanger fopnuus oor die Covid-19-virus versprei het en hy en ’n boete van N$2 000 moes hoes. Die vervoermaatskappy oor wie hy die valsheid versprei het, het glo N$9 miljoen se skade gely.

’n Juffrou van Walvisbaai is dalk vandag haar werk kwyt, omdat sy nie gedink het voor sy getik het nie.

Dit volg nadat sy op Facebook onder meer geskryf het “die beskawing is nie vir swart mense gemaak nie en die Bybel is ook nie vir swart mense geskryf nie”.

Sjoe! Dis die jaar 2020 en nie die jaar toet nie.

Sy behoort afgedank te word oor al die onchristelike rassistiese twak wat sy kwytgeraak en die skade wat sy die skool en die land berokken het.

Nou toon sy glo diep berou, maar spyt kom te laat.

Hou maar liewer die vlytige vingers in toom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!