Hou goedkoop vakansie in Suidoos-Asië
Teen net sowat R1 300 per dag is Manila in die Filippyne steeds ’n wenbestemming.
William Horne - Johannesburg en Kaapstad is vanjaar in die goedkoopste helfte van die voorste 100 internasionale vakansiebestemmings.
Die Britse maatskappy Hoppa stel jaarliks ’n verslag op waarin die wêreld se duurste en goedkoopste vakansiebestemmings vergelyk word in pondwaarde op grond van die koste van verblyf, vervoer, kos, drank en vermaak per persoon.
New York is vir die tweede agtereenvolgende jaar heel boaan die lys met ’n gemiddelde koste van R6 681 per persoon per dag. Dit is sowat R522 meer as die vorige jaar.
Teen net sowat R1 300 per dag is Manila in die Filippyne steeds ’n wenbestemming vergeleke met die meeste ander vakansiebestemmings. Maar ook dié plek se koste is sowat R173 per dag duurder as die vorige jaar.
Die vorige jaar was Kiëf in die Oekraïne die goedkoopste vakansiebestemming.
JOHANNESBURG EN KAAPSTAD
In Suid-Afrika het Johannesburg die 76de plek verwerf op die lys (sowat R2 000 per dag), terwyl Kaapstad heelwat duurder ingedeel is op posisie 54 (sowat R2 600 per dag).
Kaapstad het wel op agt na die goedkoopste koppies koffie, bottels wyn en skemerkelkies uit die 100 lande op die lys.
Die goedkoopste bestemmings is hoofsaaklik gesentreer in Suidoos-Asië waar ’n mens vir ’n appel en ’n ei ’n weelderige vakansies kan hou. Wat verblyf betref, is nege uit die tien heel goedkoopste stede almal in dié streek, met net Turkye se Antalya wat ook dié ranglys betree in die tiende plek.
Die duurste bestemmings is almal in Europa en Amerika en jy sal gemiddeld sowat R5 247 per dag moet opdok vir elke persoon wat saam gaan.
RESTAURANTPRYSE
SA se gemiddelde restaurantpryse teenoor dié van die duurste bestemmings
Bottels wyn:
· Kaapstad (9de goedkoopste) – R84
· Dubai (duurste) – R472
Koppies koffie:
· Kaapstad (9de goedkoopste) – R26
· Abu Dhabi (duurste) – R92
Skemerkelkies:
· Johannesburg (6de goedkoopste) – R62
Ibiza (duurste) – R273
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie