Hou hartjie, hou!
Deesdae is daar soveel goed wat jou aandag vereis.
As dit nie werk is nie, is dit familieverpligtinge en allerhande ander alledaagse goed.
Iewers tussenin moet jy nog jou verhoudings ook in stand hou, aandag aan jou liggaam en gesondheid gee en ‘n plan maak om by die samelewing betrokke te raak.
Met al die druk om by alles om jou en ook alles aanlyn betrokke te wees, is die moontlikhied groot dat jy iewers iets afskeep of sommer vergeet.
Jou kalender kan hoé op datum wees en selfs al neem jy jou “to do”-lysie so ernstig soos ‘n tesis op, kan die werklikheid jou planne baie vinnig van die pad af druk en dinge deurmekaar gooi.
Dít was my ervaring die afgelope paar weke. Ná ‘n goeie periode waar als goed verloop het, kom waai die werklikheid deur my lewe en maak als deurmekaar.
Ná ‘n wonderlike paar weke waartydens alles net reg verloop, begin daar eers klein goedjies hier en daar verkeerd gaan.
Van ‘n spertyd mis tot ‘n klein duik in my kar, het dinge stuk-stuk verkeerd begin gaan, en kon ek nie veel meer doen as om bloot teenwoordig te wees, groot te glimlag en my beste te gee nie.
Met so baie wat gedoen moet word in ons lewens en so min ure per dag kan ‘n mens verstaan as ‘n paar dinge skeef loop wanneer jy probeer om te veel in een dag in te prop.
Dit was ‘n moeilike ervaring, maar daaruit het ek weer eens geleer om ‘n enkele paar take liewer ordentlik aan te pak - want hoe meer dinge jy doen, hoe die swakker gaan die gehalte van alles wees.
Ja, dis goed om by soveel dinge moontlik betrokke te wees, maar nie as dit jou jou gemoedsrus kos of erger - jou reputasie nie.
En dit omdat jy nie ten volle kan bydra nie. Daarom het ek besluit om maar baie versigtig te wees oor wat ek aanpak, omdat kwaliteit vir my belangriker is as kwantiteit.
‘n Gefokusde uur baat jou baie meer as ’n bedrywige, deurmekaar dag.
Met vandag se kultuur van besig bly en die onmiddellikheid van sosiale media, wil ons oral wees, alles doen en dit alles ook dadelik met die wêreld deel.
Dit veroorsak dat ons gedurig besig is en soms, al is ons teenwordig, is ons besig om ons volgende “selfie” in ons gedagtes te beplan.
Dit het al so erg geraak dat mense nie meer eers in hul kar kan klim sonder om dit te deel nie.
Ek probeer daagliks oefen om my tyd te vat.
‘n Ekstra twee minute se aandag kan jou ‘n halwe dag se probleme spaar en jou reputasie bewaar.
As jy die slagoffer van my rowwe week was verlede week, vra ek hartlik om verskoning.
As jy jouself in ‘n soortgelyke situasie bevind, haal asem, lig jou kop en vat dit stap vir stap.
Jy’s klaar in die moelikheid, moet dit nie erger maak deur kop of moed te verloor nie.
As die lewe maklik was, sou dit nie interessant gewees het nie.
Dis in moeilike tye dat jy die meeste leer en soos ‘n diamant, het ons almal ‘n bietjie druk nodig om die beste in ons uit te bring.
Hou kop, hou koers, hou moed en maak die beste van jou tyd en vermoëns.
En moenie dat jou lewensvreugde deur ‘n dwars dag bederf word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie