Hou inentingskaart byderhand
Hou inentingskaart byderhand

Hou inentingskaart byderhand

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Ten volle ingeënte Namibiërs, permanente inwoners en vragmotorbestuurders hoef nie hul inentingskaarte op die Trusted Travel System te laai nie.

Dié teikengroepe kan die land sonder 'n negatiewe Covid-19-uitslag binnekom. Die uitsondering geld ook vir mense met verblyfstatus (domisilie) in Namibië.

Volgens die uitvoerende direkteur van gesondheid en maat­skaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, word die stelsel tans in Namibië gebruik net om Covid-19-toetsuitslae op te laai en te verifieer.

Volgens hom moet die betrokke teikengroepe dus 'n harde kopie van hul inentingskaarte byderhand hê om dit by grensposte te toon.

Nangombe sê die ministerie sal Namibiërs inlig wanneer die Trusted Vaccine-module in gebruik is.

Volgens 'n nuwe regulasie wat op 14 Januarie in werking getree het, kan Namibiërs, permanente inwoners en vragmotorbestuurders – as hulle ten volle teen Covid-19 ingeënt is – die land sonder 'n negatiewe PCR-toetsuitslag binnekom.

Die ministerie sê in 'n verklaring die Trusted Travel System is geskep vir die verifiëring en goedkeuring van toetsuitslae vir Covid-19, sowel as inentingskaarte.

Intussen is tydens 'n bilaterale vergadering tussen Angola en Namibië besluit om grense tussen die twee lande te heropen. Die Oshikango-Santa Clara- en Katwitwi-grenspos open weer op 1 Februarie, terwyl die res op 15 Februarie sal heropen.

Tydens die vergadering is ook besluit dat 'n gesamentlike komitee saamgestel uit die streke Ohangwena, Omusati, Kavango-Oos- en -Wes, sowel as die Kunene- en Cuando Cubango-provinsie in Angola, voor die einde van vandeesmaand sal ontmoet om die tegniese besonderhede uit te stip.

Mense wat Angola wil besoek, moet 'n negatiewe PCR-toetsuitslag, sowel as 'n inentingskaart met dosisse toon. Dié wat nog net een dosis ontvang het, is onderworpe aan kwarantyn vir 'n week op hul eie koste.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!