Hou op arms vou, sê Sioka
Volgens ’n minister is ’n sindikaat moontlik besig om in liggaamsdele handel te dryf.
Denver Kisting – Die regering én die publiek moet ophou arms vou en iets daadwerkliks aan die lot van vroue en kinders in die land begin doen.
Die geweld waarmee klein Avihe Cheryl Ujaha (9) vermoor is, bring ongekende vlakke van pyn mee.
As gevolg hiervan is die beskerming van kinders ’n belangrike maar gedeelde verantwoordelikheid.
Só het me. Doreen Sioka, die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, die afgelope week in die Nasionale Vergadering (NV) gesê.
Sy sê sy sukkel om die moord op ’n onskuldige kind, van wie sommige liggaamsdele steeds vermis word, te verstaan.
Volgens Sioka wonder ’n mens of mensehandel of ’n rituele moord hier ter sprake is.
“Ek wens ek het ’n antwoord gehad. Om dood te maak vir liggaamsdele is ’n ernstige kwessie, wat nie verdien om onder die mat ingevee te word nie. As die regering en mense in die algemeen aanhou ontspan en hul arms vou, gaan dié sindikaat versterk. Daarom moet almal van ons onmiddellik optree.”
Sou die moordenaar ore hê, vra sy hulle om hulself aan die polisie oor te gee, het sy Dinsdagmiddag gepleit toe die NV ná sy twee maande lange reses hervat het.
“Wees dapper genoeg; die nasie wag,” het sy gesê.
Vroue-LP’s het swart gedra om hul steun toe te sê aan pogings om geslagsgegronde geweld in die land te bekamp.
Sioka het voorts benadruk álmal, insluitend kinders, moet uiters waaksaam wees en verdagte optrede aanmeld.
Ouers moet te alle tye weet waar hul kinders is sodat hul veiligheid gewaarborg kan wees, sê sy.
Volgens Sioka is die geweldenaars onder wie kinders deurloop dikwels iemand wat hulle ken. “Die mense wat dié misdade pleeg, woon onder ons; hulle is ons kinders, neefs en niggies, ooms en tannies en pa’s en ma’s, maar ons bly stil terwyl ons hul dade moet veroordeel.”
Prof. Peter Katjavivi, speaker van die NV, het gesê die land steier steeds onder die skok van Avihe se grumoord.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het gister gesê die soektog na Avihe se moordenaar(s) duur voort.
Die verhoogde beloning van N$100 000 kon nog geen noemenswaardige leidrade oplewer nie.
Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming en uiteindelike vervolging van die moordenaar(s) sal lei, word steeds versoek om met adj.komm. Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, by 081 124 2649 in verbinding te tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie