Hou op baklei met Katar, vra Pompeo
Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, sê die onenigheid tussen Katar en sy bure in die Arabiese Golf het vir te lank voortgeduur en is ’n bedreiging vir die streekeenheid wat nodig is as teenwig vir Iran.
Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), Bahrein en Egipte het in Junie 2017 diplomatieke, vervoer- en handelsbande met Katar gesny. Hulle meen Katar steun terreur en hul streekvyand, die Sjiitiese Moslemland Iran. Doha ontken dit.
Amerika, ’n bondgenoot van die Golf-samewerkingsraad (GCC), wat bestaan uit ses Soennitiese Moslemlande, beskou die onenigheid as ’n bedreiging vir die pogings om Iran in bedwang te hou en wil ’n verenigde Golf-front sien.
“Wanneer ons ’n gesamentlike uitdaging het, help geskille tussen lande met gedeelde doelwitte nooit nie,” het Pompeo Sondag op ’n nuuskonferensie in Doha, Katar se hoofstad, gesê. “Dit verhoed jou om die sterkste moontlike reaksie te hê op ’n gesamentlike vyand of uitdaging.”
Die gasryke Katar sê die boikot is daarop gemik om sy soewereiniteit te ondermyn. Hy het reeds begin om nuwe bande te bou, weg van sy buurlande af, waaronder nuwe handelsbande, sterker bande met Turkye en sy uittrede uit die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) aangekondig.
BESPREKINGS
Die stappe versterk vermoedens dat die geskil nie gou opgelos gaan word nie.
Saoedi-Arabië en die VAE het al herhaaldelik gesê die geskil is nie ’n topprioriteit nie en het Washington verseker dit sal nie ’n invloed op hul verdedigingsamewerking hê nie.
Pompeo het later aan verslaggewers gesê hy het die geskil ook bespreek met amptenare van Bahrein, Egipte en die VAE. “Dit is geensins duidelik dat die onenigheid vandag enigsins nader is aan ’n oplossing as wat dit gister was nie, en ek betreur dit,” het hy gesê.
Pompeo het later in Riaad, Saoedi-Arabië se hoofstad, beklemtoon dat die ondersoek na die moord op die joernalis Jamal Khashoggi voortgesit moet word.
Volgens verslaggewers wat saam met hom gereis het, het Pompeo en twee Saoedi-amptenare – Adel al-Jubeir, minister van buitelandse sake, en prins Khalid bin Salman, Saoedi-Arabië se ambassadeur vir Washington – ’n uur lank vergader. Hulle het die spanning met Iran bespreek, die konflik in Sirië, Jemen, Libië en Afghanistan, asook die Khashoggi-saak, het die Amerikaanse departement van buitelandse sake in ’n verklaring gesê.
Pompeo sal na verwagting ook met Saoedi-Arabië se kroonprins Mohammed bin Salman vergader om die ondersoek na Khashoggi se dood te bespreek.
Die Amerikaanse intelligensiediens, die CIA, sê Bin Salman het die bevel gegee dat Khashoggi op 2 Oktober verlede jaar in die Saoedi-konsulaat in Istanboel, Turkye, vermoor word. Saoedi-Arabië ontken dit. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie