u2018Hou op kla en doen ietsu2019
u2018Hou op kla en doen ietsu2019

‘Hou op kla en doen iets’

Tanja Bause
Tanja Bause – ’n Windhoeker het in Augustus vanjaar besluit sy het genoeg van ’n vuil Windhoek gehad en self ingespring.

Me. Tertia Wannenmacher se voorbeeld is vinnig besig om spoed op te tel en al meer mense begin hul omgewing op hul eie koste skoon te maak.

“Ek het vir baie lank elke dag verby Onafhanklikheidsmuseum in Windhoek gery en die hope sand en vuilgoed het my gepla. Ek kon dit nie langer aanskou nie en het besef as ek ’n verandering wil sien, moet ek dit self maak,” sê sy.

Wannenmacher het een Sondag twee mans wat langs die pad sit en werk soek het, opgelaai en die drie het die sypaadjie in die omgewing begin vee.

“Mnr. John Kamati het my genader en gevra of ek ’n private kontrakteur is en hoekom ek dit doen. Ek het net geantwoord ek is baie lief vir my stad en kan dit nie langer aanskou nie. Ek het besluit om dit te verander,” sê sy.

Kamati het haar vertel in Rwanda word ’n praktyk genaamd Umuganda beoefen.

“Rwanda se president het dit ingestel, wat behels dat alle besighede hul deure elke laaste Saterdag van die maand van 08:00 tot 11:00 sluit. Dan gaan mense van oraloor die land uit om hul woonbuurte, dorpe en stede skoon te maak. Hulle tel rommel op, sny gras en bome en vee die state en sypaadjies. Dit is hoekom Kigali, die hoofstad, nou die skoonste stad in Afrika is – ’n titel wat Windhoek vir lank beklee het,” sê Wannenmacher.

“Ons kan dit in Namibië doen. Ons moet ophou om vingers te wys. Om te wag dat iets gebeur of dat iemand anders iets doen. As ons almal verantwoordelikheid vir ons eie omgewing, dorp of stad neem, kan ons die land saam skoon maak en so hou. Ons kan weer trots op ons land wees en dit by ons mense vestig.”

Ná die Onafhanklikheidsomgewing het dié ywerige vrou die verkeerseiland op Robert Mugabeweg gepak.

“Ons het rommel uit die blombeddens verwyder en onkruid uitgehaal. Ek het sommer ’n paar petunias geplant, omdat hulle kleurvol en pragtig is. In die swak ekonomiese klimaat en met die droogte is dit belangrik om mense op te beur, en ek dink blomme doen dit.”

Intussen het Wannenmacher en haar dogter Cassandra (16) die petunias met aalwyne vervang.

“Hulle het minder water nodig en dit is boonop die Windhoek-munisipaliteit se embleem.”

Sy het verskeie plekke in Windhoek geïdentifiseer waar sy volgende wil inspring.

“Ons moet ophou om op probleme te fokus en oplossings begin vind en dit implementeer.”

Wannenmacher en Kamati wil nou ’n nieregeringsorganisasie genaamd Now4Nam registreer.

“Nou vir Namibië. Nou is die tyd om iets vir ons land te doen.

“Met dié organisasie kan ons landswyd gaan. Plekke soos Rehoboth, Opuwo en Rundu moet dringend skoongemaak word. Ons kan mense op verskillende dorpe en nedersettings kry om verantwoordelikheid vir hul omgewing te neem en saam ’n verskil te maak. en kry ons titel as skoonste hoofstad in Afrika terug.”

Belangstellendes kan, veral met die oog op môre se nasionale skoonmaakdag, Now4Nam se Facebook-blad besoek.

“Of hulle kan net inspring en iets wat hulle pla skoonmaak, verwyder of iets plant. Hulle kan badwater gebruik vir die plante, dus word geen water vermors nie. Staan op, hou op kla en doen iets.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!