Hou op planne maak u2013 doen iets!
Hou op planne maak u2013 doen iets!

Hou op planne maak – doen iets!

Suid-Afrika is ’n paradys vir konsultante soos hulle by vergaderings in marsjeer terwyl hulle belangrik lyk, sê ’n bekende ekonoom.
Mike Schüssler – Suid-Afrika het groei nodig soos ’n vis water nodig het. Sonder beduidende ekonomiese groei sal die land uitmekaar val soos wat ’n werklose en ontnugterde bevolking opstandig word.

Daar is geen tyd vir nóg ’n groep adviseurs om met nóg ’n plan vorendag te kom of selfs met dieselfde plan te werk nie.

Suid-Afrika is ’n paradys vir konsultante soos hulle by vergaderings in marsjeer terwyl hulle belangrik lyk.

Daar was nog nooit ’n land met so baie planne nie. Op die onlangse vergadering van die ANC se uitvoerende komitee is nie minder nie as drie ekonomiese planne voorgelê – en dan boonop die “besprekingsdokument” van Tito Mboweni, minister van finansies.

Ons is egter nie goed met inwerkingstelling nie. Niks kry ooit 100% steun nie. Die resultaat is ’n poespas van beleid en nie die inwerkingstelling van enige plan nie.

’n Diplomaat van ’n ander Afrika-land het al aan my gesê Suid-Afrikaners was nog altyd goed met praat op konferensies, maar nie goed om te doen waaroor hulle praat nie.

Ondernemings maak nie op die oomblik veel wins nie en die werkloosheidskoers hou aan styg, terwyl groei in ’n lugleegte bly.

Dít als terwyl Suid-Afrika huiwerig is om Mboweni se betreklik matige hervormingsplan in werking te stel, en terwyl graderingsagentskappe ons al hoe fyner dophou.

Die besef het tot my deurgedring dat die ANC so ’n breë kerk is dat enige plan, en veral die inwerkingstelling daarvan, dieselfde uitwerking sal hê as ’n groot godsdiensbyeenkoms. Almal bely hul sondes, maar niemand hou ooit op sondig nie.

Daar is ook altyd die een of ander hoëpriester wat van dié situasie hou – want dit beteken die kerkgangers kom terug met al hoe meer geskenke wanneer hulle kom bely.

Ons het ’n plan – stel dit tog net in werking!

Ondernemings en belastingbetalers bid dat sommige ekonomiese sondes opgelos sal word, want hulle is die mense wat vir die drankies moet betaal by die partytjie ná die gebiegery.

Ons het ’n minister wat verantwoordelikheid vir die plan sal aanvaar. Dít alleen maak my positief. Maar dit lyk dat selfs iemand met breë skouers nie genoeg is om die twyfelaars aan boord te kry nie.

Die plan wil bedrywe wat werk kan skep – soos landbou en toerisme – vlerke gee.

Dis tyd dat die staat soveel staatsondernemings moontlik gebruik sodat geld op infrastruktuur bestee kan word, nie op reddingsboeie nie.

Om breëbandspektrum beskikbaar te stel, is nie moeilik nie. Die res van die wêreld het dit al gedoen. En terwyl ons nou kommunikasie praat, keur sommer nog uitsaailisensies goed.

Die plan wil die land se skuldvlakke en begrotingstekorte verminder deur bates te verkoop. Dit wil besteding verander van salarisse na goedere, dienste en infrastruktuur, wat broodnodig is.

Die ontleding waarsku selfs dat niksdoen tot baie groter pyn later kan lei.

Die plan is ’n betreklik standaard-regeringsplan, dalk selfs nog ’n bietjie linksgesind aangesien dit die polities moeilike probleme vermy wat Suid-Afrika die een of ander stadium sal móét takel.

Die probleem is dat Suid-Afrika ekonomies op ’n baie moeilike plek is, met 70 maande van ’n daalfase in die sakesiklus.

Eenvoudig gestel word Suid-Afrikaners al hoe armer, terwyl die regering geld bestee soos studente op hul eerste kroegvaart. Hoe meer hulle drink, hoe erger die babelaas – en Mboweni maak dit baie duidelik.

Die ekonomie het baie beslis ’n plan nodig. Maar die gemeente kan nie eens ’n matige plan goedkeur nie omdat al die priesters dit uitskree dat dié of daardie faset van die plan nie sal werk nie.

Dié plan se matige hervormings behoort ’n mate van groei te bewerkstellig. Maar die werklik groot hervormings wat kapitaal weghou, sal getakel moet word. Hulle gooi die skaduwee van olifante oor die land se groeipotensiaal.

Hier is die vyf olifante wat moeilik uit die weg geruim sal word.

1. Geen geld

Die regering kan hom nie uit die moeilikheid uit bestee nie aangesien geld op is en baie besteding vermors is. Die land se groei is baie laer as dié van ander ontluikende lande, ondanks ’n hoër begrotingstekort.

2. Regstelaksie

Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) het tot korrupsie en hoër pryse vir alledaagse goedere en dienste vir die meeste mense gelei. Dit skrik beleggers af.

Maleisië – die land waarop Suid-Afrika se regstelbeleid gegrond is – het self al baie van die vereistes daarvan verslap. Vervaardiging was van meet af aan uitgesluit van regstelaksie en later is nog 27 sektore uitgesluit. Die fokus was nog altyd meer op openbare onderrig en toegang tot universiteitsopleiding.

SEB kos Suid-Afrika duurder as die voordele wat die elite daaruit geput het – dit moet gaan.

3. Eiendomsreg

Die aanslag op eiendomsreg het ’n enorme bron van kommer geword vir alles van mynbou tot landbou. Eiendomsreg is al manier waarop lande vorentoe kan beweeg – selfs “Kommunistiese” China verseker eienaarskap en eiendomsregte.

4. Onderrig

Ons onderwysstelsel word deels bestuur deur ’n vakbond wat kinders in gevaar stel – Cosatu. Dié olifant sal dekades duur om op te los. Maleisië het gewys gehalte-opvoeding is die sleutel om agtergeblewenes in die hoofstroom-ekonomie in te trek.

5. Belasting

Belasting moet oor die algemeen verlaag word – veral op produktiewe bates en maatskappye – maar verbruiksbelasting moet verhoog word. Die regering sal hulp van internasionale organisasies soos Dokters Sonder Grense moet kry om te help om die buitelanders te behandel wat ons dienste gebruik.

Al dié vyf elemente gaan ’n enorme las vir politici wees om te bespreek, wat nog te sê in werking te stel.

Maar dalk verras hulle my eendag. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!