Hou parakiete in hokke
Tanja Bause – Me. Sonja Bartlewski, stigter van Wild Bird Rescue, en lede van die Namibia Bird Club het opgemerk meer en meer mense maak hul voëlhokke oop en laat Suidwes-parakiete (blou en geel), wat nie inheems is nie, vry.
“Verskeie mense het al met trots vir my gesê hulle het hul voëlhokke oopgemaak en al hul parakiete vrygelaat. Hulle bedoel seker goed en dink hulle gee die voëls vryheid, maar hulle optrede rig groot skade aan die natuur aan,” het sy gesê.
Volgens haar is parakietkruisings en nie inheemse parakiete baie aggressief teenoor die inheemse Suidwes-parakiet. Hulle baklei oor nesruimte en habitat.
“Mense bewys nie dié voëls ’n guns om hulle vry te laat nie. Baie van hulle het nooit geleer om self kos te soek nie. Hulle is gewoond om gevoer te word en kan dus in die natuur van honger vrek omdat hulle nie genoeg kos gaan kry nie.”
Kruisteling kan ook tussen die parakietkruisings en die Suidwes-parakiet voorkom. Dit beteken wanneer die verskillende parakietgene kruis, dit siektes onder die parakietbevolking kan veroorsaak.
“Slegs die groen Suidwes-parakiet is inheems aan Namibië. Die blou-en-geel parakiet is ’n kruising tussen die rooiwangparakiet van Suid-Afrika en die Lilian’s-, Fischer’s- en Yellow-collared-parakiet wat inheems aan Oos-Afrika is. Mense teel met voëlspesies om ander kleure en variëteite te kry. Hulle is vir mense se voorkeure geteel en hoort nie in die natuur nie.”
“Ons doen ‘n beroep op mense wat voëls in hokke het om hulle asseblief in die hokke te hou en hulle onder geen omstandighede vry te laat nie. Hulle moet ook seker maak die hokke is in ’n goeie toestand en dat die voëls nie uit die hokke kan ontsnap nie.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie