Hout gevat, maar niemand vas
Alle nuwe aansoeke vir omgewingsklaringsertifikate is vroeg in April afgekeur.
Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem nie.
Die polisie se streekbevelvoerder, mnr. Josephat Abel, het Woensdag bevestig beslag is op “groot hoeveelhede” hout gelê en het gesê dossiere in hierdie verband word tans ondersoek voor enige inhegtenisnemings oorweeg word.
Abel het gesê skuiwergate in die bosbouwet laat nie “direkte inhegtenisnemings” toe nie.
“Elke saak word op meriete hanteer. Sodra ons beslag op hout gelê het, het ons twee opsies: om te beboet of in hegtenis te neem," het hy gesê.
Hy het gesê die polisie is grootliks van die publiek afhanklik, wat as hul oë en ore dien.
“Wie ook al inligting het, moet dit vir ons gee. Ons moet net weet waar die onwettige hout-oeste plaasvind,” het Abel gesê.
Adj.komm. Andreas Sanjahi, waarnemende streekbevelvoerder van die Kavango-Oosstreek, het gesê niemand is in sy streek in hegtenis geneem nie, “want die polisie het nie enigiemand met hout gevind nie”.
Hy het gesê dié wat hout vervoer het, het wel die “wettige dokumente” om dit te doen.
“Ons het inspeksies gedoen en hout gevind, maar daar was niemand daar nie,” het Sanjahi gesê.
Die Zambezistreek se bevelvoerder, mnr. Karl Theron, het gesê sover hy weet word hout nie meer in die streek geoes nie.
Theron het gesê hy is slegs bewus van hout wat deur die Wenela-grenspos van Zambië af na Walvisbaai vir uitvoere vervoer word.
“Ons sal weet as enige onwettige houtoeste steeds plaasvind. Die gemeenskapslede is gemobiliseer en sal ons laat weet as hulle enige onwettige aktiwiteite sien,” het Theron gesê.
Theron het gesê “'n ruk gelede” het die Paaieowerheid (RA) op 14 Namibies-geregistreerde lorries met hout van Zambië af weens oorlading beslag gelê.
Die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) het gesê al die kommersiële oes van hout is sonder die nodige omgewingsklaringsertifikate (ECC’s) gedoen.
Volgens ’n gesamentlike verslag van die MET en die ministerie van landbou, water en bosbou (MAWF) in April hou die kommersiële oes van hout is ’n groot bedreiging vir die omgewing in.
Kommer is ook uitgespreek omdat geen waarde plaaslik toegevoeg is nie.
LISENSIES
Altesaam 390 oeslisensies is deur die MAWF in Kavango-Oos uitgereik, en 42 in Kavango-Wes, en geen van die lisensiehouers het aansoek om omgewingsklaringsertifikate gedoen nie.
Sedert die opskorting van die lisensies, het die omgewingsministerie 231 aansoeke vir omgewingsklaringsertifikate ontvang – minder as die oeslisensies wat die MAWF uitgereik het.
Al 231 aansoeke is afgekeur en die MAWF is vroeg in April hiervan ingelig.
Eweneens was net 147 van die 231 aansoeke van ondersteuningsbriewe en aanbevelings van die MAWF vergesel.
Indien dit uitgereik is, sou 47 857 bome jaarliks geoes word en 195 551 oor vyf jaar.
Indien N$500 per boom betaal sou word, sou dit beteken plaaslike boere ontvang N$24 miljoen per jaar – ’n belangrike bron van inkomste vir die boere.
Die verslag sê dit is selfs moeiliker om die inkomste uit uitvoere te bereken en voorsien nie ’n beraming daarvan nie.
Volgens die verslag het inspeksiespanne op voetsoolvlak sedert 31 Maart geen nuwe gevalle van oeste gevind nie.
Die verslag erken die spanne kon weens ’n gebrek aan mannekrag en voertuie nie toegang tot baie van die verafgeleë gebiede kry nie.
NAGTELIKE OPERASIES
Volgens die verslag is nagtelike operasies sedert die opheffing van die vervoermoratorium onderneem.
Dit het glo kommer gewek omdat dit geleenthede vir onwettige oeste en die risiko van stropery verhoog het.
Dit sê voorts bome wat deur kleinskaalse kommersiële boere geoes word, behoort aan die staat en moes tot voordeel van die breër gemeenskap aangewend word.
In plaas daarvan is die bome hanteer asof dit die boere se private eiendom is.
Bemarkingspermitte - wat as instrument vir die vervoer van hout gebruik word – was moeilik om te implementeer weens die groot aantal lorries en hoeveelheid hout wat vervoer word.
Volgens die verslag het boere buitelanders gebruik om die hout te oes en is hul aktiwiteite min dopgehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie