Houtsage verdiep
Die Teenkorrupsiekommissie is tot gistermiddag kans gegee om vier besendings hout terug te besorg, anders sal die hoërhof gevra word om in te gryp.
Denver Kisting - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het tot gistermiddag tyd gehad om vier besendings hout aan New Force Logistics te oorhandig.
Indien nie, gaan mnr. Kadhila Amoomo namens die beslote korporasie (BK) die hoërhof nader vir die terugbesorging daarvan.
Volgens mnr. Paulus Noa, die ACC se direkteur-generaal, volstaan hulle daarmee dat hulle regmatig op die hout beslag gelê het.
Mnr. Jason Matthews, die besturende direkteur van die BK, het gistermiddag gesê hulle het al bykans 'n miljoen Namibiese dollar se verliese gely weens die beweerde onregmatige beslaglegging. Matthews hou voet by stuk hulle is nie met onwettige bedrywighede besig nie. Volgens hom is die ACC se optrede kwaadwillig.
“Daar is niks onwettigs aan die gang nie. Trouens, ons is daar om hulle te ondersteun ten opsigte van korrupsie.”
Hy het ook gesê hulle het die ACC van dokumentêre bewyse voorsien om te bevestig die hout kom hulle regmatig toe. “Ons is 'n wettige besigheid.”
Die korrupsiewaghond voer aan die besendings hout – vermoedelik uit die Zambezistreek – is onwettig bekom.
'n Brief, wat in Republikein se besit is, is gister aan die ACC se regspan beteken. In die brief sê Amoomo die ACC het tot aan die einde van gister tyd gehad om die hout terug te besorg, anders word hulle voor die hoërhof gedaag.
Luidens 'n inskrywing op die ACC se Facebook-blad het hulle ná 'n hofuitspraak verlede week wéér 'n lasbrief bekom en beslag gelê op die hout op Namport se perseel, “en sal as bewysstukke gehou word in die voortdurende korrupsie-ondersoek”.
Dié inskrywing lui voorts: “Die vragmotors en die hout is glo die eiendom van New Force Logistics.”
In Amoomo se brief is ook aangevoer die besendings hout is nooit kragtens die hofbevel teruggegee voordat weer daarop beslag gelê is nie. Noa ontken dié aantyging ten sterkste.
Noa het terselfdertyd te velde getrek teen kritiek teen die waghond wat lui dat hulle dikwels voortydig optree en só hulself in die verleentheid stel. “Gestel ons ontvang inligting van hout wat onwettig geoes is, en na die hawe vervoer word om landuit te neem, moet ons drie tot vier maande wag totdat die hout die land verlaat het voordat ons optree? Jy moet onmiddellik optree, voordat die bewysstukke die land verlaat.”
Volgens Noa bepaal die omstandighede van elke ondersoek die optrede wat gevolg moet word.
Matthews het bevestig die ACC is reg oor die beslote korporasie wat 80% in Chinese besit is - mnr. Xuecheng Hou (60%) en mnr. Sha Zhi Hei (20%) - terwyl 20% van die ledebelang deur 'n Indiese burger, mnr. Ranjith Kumar Rajaiyah, gehou word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie