Houtskool floreer in 2019
Kenners sê die houtskoolbedryf het die afgelope jaar van krag tot krag gegaan en tot 10 000 mense van werk verskaf.
Die Namibiese houtskoolbedryf sal vanjaar na raming sowat 200 000 ton houtskool geproduseer het.
Dit is heelwat meer as verlede jaar se 120 000 ton.
Terselfdertyd het die bedryf die afgelope jaar – in moeilike ekonomiese omstandighede – sowat 10 000 mense van werk verskaf.
Ook is al meer plase deur die Forest Stewardship Council (FSC) gesertifiseer – ‘n voorvereiste vir houtskooluitvoere wat verseker die regte standaarde en etiese praktyke vir houtskoolproduksie word gevolg.
FSC Suider-Afrika het in September 2019 aangedui 568 000 ha in Namibië is gesertifiseerde FSC-landbougrond.
Dié getal is besig om vinnig te groei en sal na verwagting op 900 000 ha teen die einde van die jaar staan.
Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) het dié inligting Woensdag tydens ’n velddag vir landbouprodusente bekend gemaak.
Boere is toe ook aangemoedig om hul boerderye te diversifiseer en verbossing in ’n geleentheid te omskep.
‘n Tegnologiedag word dienooreenkomstig vir 20 en 21 November op ’n plaas naby Outjo beplan.
Markte vir byprodukte en verfynde houtskoolprodukte soos biokoolstof (biochar) groei algaande – net soos die mark vir gesertifiseerde houtskool.
Mnr. Michael Degé, NCA-bestuurder, het gesê markte vir ongesertifiseerde houtskool beleef ’n inkrimping.
Hy sê verskeie kleinhandelaars sal in 2020 na FSC-gesertifiseerde houtskool oorskakel.
Namibië se houtskool word hoofsaaklik na Europa en Suid-Afrika vervoer. Degé sê houtskoolverbruikers in dié lande het vertroue in die Forest Stewardship Council (FSC) se sertifisering.
“Suid-Afrika sal steeds ruimte bied vir plaaslike en internasionale markte vir houtskool wat nie gesertifiseer is nie,” het hy gesê.
Die FSC, wat in 1994 gestig is en lede in 82 lande het, sit die maatskaplike, ekonomiese en omgewingsriglyne uiteen ingevolge waarvan die wêreld se woude bestuur en beskerm moet word.
‘n Verdere fokus is die regte van werkers en hul werksomstandighede.
Dié standaarde is intussen vir Namibië aangepas.
DIVERSIFISERING NODIG
Degé sê verskeie opleidingsprogramme in die houtskoolbedryf word tans uitgerol, ook deur die NCA.
“Dit dek alles van die oesproses, hoe om verbrandingsoonde (kilns) te pak, hout te kies en verskeie tegnologieë in te span, soos retorts en hibriede tegnologie.
“Ons moedig boere aan om te diversifiseer. Verskeie interessante beleggingsgeleenthede bestaan in die bedryf. Houtskool is ’n goeie manier om nog ’n besigheid op jou plaas te begin.
“Namibië voer ook deklae, traliewerk en omheining in wat plaaslik geproduseer kán word. Byprodukte van houtskoolproduksie soos humiensuur hou ook moontlikhede in,” het hy gesê.
Humiensuur kan tydens die houtskoolverbrandingsproses met ’n gesofistikeerde, tog eenvoudige ontginningseenheid geoes word.
As dié eenheid behoorlik ontwerp word, kan selfs teer, olies, terpentyn en alkohol tydens die proses onttrek word.
Hierdie eenheid, asook ander produkte wat vir houtskoolproduksie gebruik kan word, sal tydens die Tegnologiedag ten toon gestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie