Houtskool-kullery: Maak só dood seker

Die NCA-kantoor asook die direktoraat van bosbou kan help om vas te stel of kopers en produksente geloofwaardig en kredietwaardig is.
Elvira Hattingh
Hoofredaksie



Lede van die Namibië Hout­skoolvereniging (NCA) kan by hul kantoor aanklop as hulle twyfel of kopers of produsente eg is.

Dit volg ná 'n vermeende sindikaat in die hout- en houtskoolbedryf beide produsente en kopers reeds uit miljoene gekul het deur met partye se deposito's of vragte te verdwyn en selfs glo amptelike dokumentasie vervals.

Mnr. Michael Degé, bestuurder van die NCA, sê hulle het reeds produsente en kopers teen die vermeende houtskoolsindikaat, waarvan ene Silvester Haodom van Outjo na bewering die meesterbrein is, gewaarsku.

Hy sê die NCA-kantoor kan gekontak word om te help om navorsing oor produsente of voornemende kopers se agtergrond te doen. “Moenie sake met iemand doen voor jy nie na sy agtergrond en kredietwaardigheid gekyk het nie,” het Degé gewaarsku.

Hy het produsente en kopers in die bedryf gemaan om waaksaam te wees en nie net vir die eerste, beste aanbod te val nie.

Oor kritiek dat die vereniging glo nie genoeg teen die vermeende skelms in die bedryf doen nie, sê Degé dat hulle die direktoraat van bosbou reeds oor die bedrog in die bedryf ingelig het.

“Ons is egter nie wetstoepassers nie en kan nie korrupsiesake ondersoek nie, dit is nie 'n vereniging se mandaat nie. Die land beskik oor teenkorrupsie-eenhede,” het hy gesê. Dit volg ná talle produsente en kopers van hout en houtskool aan Republikein vertel het hulle is die afgelope tyd deur 'n sindikaat ingeloop.

Die sindikaat speel dikwels die rol van 'n makelaar of koppelaar, wat die koper se deposito neem en die Namibiese boer bedrieg.

As hulle Suid-Afrikaners inloop, stuur hulle foto's van die lorrie wat glo klaar gelaai is en maak seker die registrasiemerk wys nie. Dan betaal die koper die deposito en die sindikaat verdwyn met die geld. Soms doen hulle hul as die eienaar van 'n produsent se vrag voor en vervals dan ook oes- en uitvoerpermitte.

Die sindikaatlede gebruik verskillende name en verskillende bankrekenings. Sodra geld in die rekening inbetaal word, word dit bykans onmiddellik na 'n klomp selfoonnommers gestuur deur e-wallet. Navrae oor die egtheid van permitte kan ook by die verskeie kantore van die direktoraat van bosbou gedoen word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Celta Vigo 1 vs 1 Girona | Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Torino 2 vs 3 SS Lazio | Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A