Houtskoolbedryf floreer
Bosse kan ook gebruik word vir die vervaardiging van ‘n soliede biobrandstof, as bymiddel in veevoer en vir energieopwekking.
Elvira Hattingh – Die Namibiese houtskoolbedryf het die afgelope jaar ’n “ontploffing in houtskoolproduksie” asook ’n groei van 33% ervaar – hoewel dit tot ‘n bottelnek in die waardeketting gelei het.
Tydens die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) se vierde jaarvergadering, wat op 9 Augustus die opening van die Biomassategnologie-ekspo op Otjiwa Lodge buite Otjiwarongo voorafgegaan het, is gesê houtskool “red” boere in die huidige droogte.
Baie het vanjaar tot die bedryf toegetree en sommige het op houtskoolproduksie alleen oorleef, het die NCA se bestuurder, mnr. Michael Degé, tydens die geleentheid gesê.
Mnr. Joseph Hailwa, direkteur van bosbou in die ministerie van landbou, water en bosbou, het gesê die afgelope jare se uitbreiding kom neer op ‘n groei van sowat N$400 miljoen per jaar en daar moet dus “hard gepraat word” oor die belangrikheid van die houtskoolsektor en sy bydrae tot die ekonomie en landswye stabiliteit.
Die NCA se voorsitter, mnr. Gunter Schwalm, het gesê die Namibiese houtskoolbedryf bied tans werk aan sowat 8 000 mense.
Namibië is reeds die grootste uitvoerder van houtskool in die wêreld, maar tog meen kenners die bedryf benut tans ’n skamele 0,15% van indringerbosse vir die produksie hiervan.
Mnr. Colin Lindeque, hoofbestuurder van die Namibia Biomass Industry Group (N-BiG), het voorheen in ‘n nuusverklaring gesê Namibië moet 20 keer meer houtskool lewer net om die 3% teen te werk waarmee bosbekruiping jaarliks toeneem.
Volgens Lindeque word altesaam 45 miljoen hektaar weiveld tans deur indringerbosse verdring. Dienooreenkomstig is verskeie ander opsies vir die benutting hiervan by die ekspo bespreek.
BOSSE VIR BIOBRANDSTOF
Namibiese bos kan in soliede biobrandstof met ’n hoë waarde omgeskakel word, met water en biochemiese stowwe as enigste afvalprodukte.
Mnr. Huw Parry van die Europese maatskappy SteamBio sê hulle het reeds ‘n soortgelyke aanleg in Spanje gebou wat 150 kg landbou- en bosboureste per uur gebruik om produkte deur superverhitte stoom te vervaardig.
Die stoom word deur die verwerking van die biomassa veroorsaak.
Parry sê hul verwerking verskil van tradisionele metodes omdat dit nie uitlaatgasse produseer nie en ekonomies meer lewensvatbaar is.
Volgens hom moet ‘n loodsstudie in Namibië van stapel gestuur word om vas te stel hoe Namibiese bos as materiaal vir die aanleg gaan vaar.
Aansoek om befondsing van die projek is reeds gedoen en Parry hoop die projek sal op die laatste op 31 Maart 2020 van stapel gestuur kan word.
BYMIDDEL IN VEEVOER
Buiten boskos, kan bosse ook verwerk word om as ‘n biokoolstofbymiddel in vee se voer gebruik te word.
Mnr. Marius van der Merwe van die Suid-Afrikaanse maatskappy NewCarbon het tydens die ekspo verduidelik dit help vee om vinniger te groei, maak voer meer bekostigbaar en help vee met gewigstoename.
Van der Merwe sê die grootste deel van veeboere se produksiekoste behels veevoer.
Volgens hom kan die toevoeging van 1% biokoolstof vee se groeikoers verbeter, hul ingewande ontgif en die uitlaat van metaangasse verminder.
Hy sê dit kom neer op ‘n besparing van 9,2% op voer in die pluimveebedryf en 10,7% vir skaapboere.
Volgens hom het ‘n loodsprojek op skaapboere in die Wes-Kaap bewys die toevoeging van biokoolstof tot veevoer het skape gehelp om 20% meer gewig aan te sit en parasiete gehelp beveg, wat ‘n bykomende netto wins van N$162 per lam beteken het.
NAVORSING
Mnr. Evert Strydom van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) het die universiteit se navorsingsprogram vir die gebruik van biomassa deur volhoubare oesbedrywighede, beter bekend as Bush, bespreek.
Hy sê die doel daarvan is om omgewingsvriendelike tegnologie en metodologie vir bosbeheer binne twee jaar te ontwikkel.
As deel hiervan is prototipes ontwikkel om bosse makliker te oes, terwyl hulle ook die gebruik van biokoolstof toets om plantegroei te verbeter.
Die biokoolstof word gebruik om plante van voedingstowwe en voordelige mikrobes te voorsien.
Ander projekte wat deel van die program vorm, is die toetsing van masjinerie en tegnologieë wat indringerbos in boskos omskep, opleiding, asook die gebruik van afvalhout in plastiekvervaardiging.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie