Houtsneewerk is in hulle bloed
Tanja Bause
By die Ruhepo-houtsneewerke buite Keetmanshoop, sit drie mans onder die skaduwee van ’n boom waar hulle die laaste afwerkings op hul houtskeppings maak.
Die drie mans, wat oorspronklik van Rundu kom, sê houtsneewerk is in hulle bloed.
“Ons het die kuns by ons pa’s en ooms geleer,” sê mnr. Johannes Melembe.
Mnre. Immanuel Hendrik en Johannes Immanuel het reeds in 1994 hul houtwerk by die mark op Okahandja verkoop. Hulle het in 2002 na Keetmanshoop getrek om hul kuns hier te koop aan te bied.
“Okahandja het te vol geword. Daar is te veel houtsneewerkverkopers en ons twee het toe besluit om verder suid te trek waar daar minder verkopers is en ons ’n beter kans staan om ons produkte te verkoop,” het Immanuel gesê.
Die mans vertel hulle koop die boomstompe vir soveel as N$320 in die Rundu-omgewing. Daarna vervoer hulle dit huis toe om op te werk. Wanneer dit gereed is, word dit na Keetmanshoop vervoer en die finale afwerkings word hier gedoen.
“Dit kos ons baie om die eindproduk hier te verkoop en dan wil mense nog die prys afstry,” het Melembe gesê.
Uit hul inkomste moet hulle hout, skuurpapier, gom en verf koop en dit wat oorbly, word na hul families gestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie