Houtspaanders vir groen energie
Tanja Bause - Sedert die begin van Maart word indringerbos op die plaas Teufelsbach buitekant Windhoek afgekap en aan ’n masjien gevoer wat die bosse in klein stukkies kap.
Dié stukkies word aan Namibia Breweries gelewer en in hul hoogs moderne bio-ketel gebruik om hitte aan die fabriek te voorsien.
Organic Energy Solutions, ’n filiaal van O&L Energy, saam met ’n strategiese vennoot het N$15 miljoen in die proses van bosuitdunning en spaanderproduksie belê.
“Ons het in Maart die eerste bosse gekap. Hulle moet dan sowat drie maande lê en uitdroog. Hoe droër die bos is, hoe hoër is die energie wat ons van die hout kry. Ná hulle gedroog is, word hulle in ’n masjien gelaai en opgekap. Die spaanders word dan met ’n vervoerband direk in ’n houer gelaai en is reg vir vervoer,” het mnr. Stefan Kondzilewski van Organic Energy Solutions gesê.
Volgens hom word op die oomblik tussen 40 en 70 ton spaanders per dag geproduseer. NBL benodig huidig omtrent 25 ton per dag.
“Ons probeer om ’n probleem in ’n energie-oplossing te verander en tegelykertyd die natuur en beskermde bosse in ag te neem,” het mnr. Eike Krafft van Organic Energy Solutions gesê.
“NBL het ’n paar jaar gelede met die plan begin om ons koolstofvoetspoor te verminder en dit is presies wat hier gebeur,” het die besturende direkteur van NBL, mnr. Wessie van der Westhuizen, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie