Houtuitvoere neem toe
Die publiek is ontstoke oor vragmotors wat hope hout vir uitvoerdoeleindes in Walvisbaai aflaai.
Catherine Sasman – Namport het bevestig ’n totaal van 69 290 ton hout is tussen November 2018 en Desember verlede jaar deur die Walvisbaai-hawe uitgevoer.
Sowat 73% van dié hout is glo uit Zambië, 13% uit Namibië en 12% uit die Demokratiese Republiek die Kongo en Angola afkomstig.
Die meeste van dié hout was vir China (73%) en Viëtnam (31%) bestem, terwyl kleiner vragte vir Saoedi-Arabië, Duitsland en Griekeland bestem is.
Volgens Namport word die hout van hul onderskeie bestemmings af die hawe ingesleep, en is dit aan inspeksies deur verskeie wetstoepassingsagentskappe soos die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) en doeanebeamptes onderworpe.
“Houtbesendings word verskeie dae voor die skepe se aankoms na die hawe aangery en tydelik in ons vraghouer-terminaal gestoor,” sê mnr. Raymond Visagie, Namport se waarnemende uitvoerende hoof.
Die gemiddelde stoortyd van die houtvragte is sowat agt dae.
Die vragte hout wat steeds op Namibiese paaie na die hawe vervoer word, het weer eens hewige protes onder Namibiërs en plaaslike besoekers ontlok.
Hulle vrees die onwettige oes van kosbare Namibiese hout gaan ongehinderd voort ondanks ’n moratorium daarop sedert 26 November 2018.
’n Verbod is op die vervoer van hout ingestel, maar is weer tussen 13 Januarie en 28 Februarie vanjaar opgehef.
Die gevolglike haas om hout na die hawe te vervoer, het openbare oproer veroorsaak.
Op 20 Januarie het ’n bekommerde lid van die publiek in die sosiale media geskryf: “Ek het sewe van die vragmotors wat vol hout gelaai is, binne 30 minute in Walvisbaai getel.”
“Die plundering van Namibië se hulpbronne gaan teen ’n ongekende pas voort, terwyl ons begin doodbloei soos ander nasies ons leegtap,” het ’n ander een geskryf.
Sommige boere in die Kavango-Oos- en –Wesstreek, waar baie van die onwettige oeste plaasgevind het, dring egter daarop aan dat die hout wat nou uitgevoer word, opgehoop het vóór die oes- en vervoermoratoriums ingestel is.
Hulle hou vol geen nuwe bome is geoes nie.
Volgens berigte lê “duisende bome” in hope buite Katima Mulilo.
Dié bome is glo in die gebied wes van Katima Mulilo geoes, waar Namibia Oriental Tobacco CC se Namibies-Chinese tabakprojek beoog om ’n tabakplaas te ontwikkel en bestuur.
Volgens ’n bron op Katima Mulilo is vars houtoeste, nie net op die beoogde tabakplaas nie, maar ook elders in die Zambezistreek, gestaak.
Die ministerie van landbou, water en bosbou het op 9 Desember verlede jaar ’n hervatting van houtvervoer aangekondig.
Mnr. Percy Misika, uitvoerende direkteur van landbou, water en bosbou, het gesê geen vars hout sal geoes word nie, en alle vragte sal onder die toesig van bosbou- en omgewingsbeamptes gelaai word.
Die ministerie het verder gesê houtvervaardigers sal eerste opsie hê om die reeds geoeste hout te koop, terwyl die res uitgevoer sal word.
Voorkeur sou ook aan plaaslike verwerkers verleen word.
Beslag sal gelê word op hout wat sonder toepaslike dokumente op Walvisbaai aankom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie