Howe bly oop
Howe bly oop

Howe bly oop

Denver Kisting

Denver Kisting – Beskuldigdes wat nie vir hul hofsittings opdaag nie, word deur inhegtenisneming in die gesig gestaar.
Boonop kan dié mense hul borggeld verbeur.

So sê die woordvoerder van die regbank, mnr. Ockert Jansen (foto).

Hy sê landdroshofsessies het gister om 14:00 hervat, terwyl hoërhofsittings om 15:00 hervat is.

“Om die administrasie van geregtigheid te verseker, wil die regbank hiermee duidelikheid gee dat dienste by howe landswyd ononderbroke sal voortduur.”

Volgens Jansen het die tydelike sluiting van howe Maandag ten doel gehad om maatreëls in werking te stel om blootstelling aan die Covid-19-virus vir personeel en besoekers te beperk.

Dit sluit “normale higiëniese maatreëls” in, sê hy.

Hy sê dienste wat landdroshowe lewer, soos onderhoudnavrae, huweliksbevestigings, aansoeke om beskermingsbevele, betaling van borgtog en ander betalings, duur voort.

Bemiddelings en taksering is steeds tot 27 Maart opgeskort, sê Jansen.

Volgens hom duur ander hoërhof- en hooggeregshofdienste ook voort.

-[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!