Howe oorval met LGBTQ-sake
Twee Namibiërs, wat wettiglik buite Namibië se grense met buitelanders getroud is, eis dat hulle as 'n gesin in die land erken word en hul gades verblyfreg kry.
Jana-Mari Smith – Die Namibiese regering se verwerping van beskuldigings van staatsgoedgekeurde homofobie word voortdurend getoets deur 'n styging in LGBTQ-verwante regsgedinge deur families en individue wat aandring op gelyke regte ingevolge Namibiese wetgewing.
Vanjaar is nege sake in verband met LGBTQ-gelykheidskwessies in Windhoek se hoërhof afgehandel óf is tans hangend.
In een saak appelleer 'n Mexikaanse burger, wat met 'n Namibiër getroud is, nadat sy aansoek vir domisilie in die hooggeregshof van die hand gewys is. Dieselfde gesin het nog drie afsonderlike sake aanhangig gemaak met betrekking tot hul bestaansreg as 'n gesin in Namibië.
Die hofsaak van twee Namibiërs wat buite die land se grense met mense van dieselfde geslag getroud is, het gister teen die immigrasie-owerhede en die regering begin.
Die Namibiese burger, me. Anette Seiler-Lilles en haar Duitse eggenoot, Anita, en die Namibiër, mnr. Johann Potgieter, en sy Suid-Afrikaanse man, mnr. Daniel Digashu, is in 'n regstryd gewikkel om wettiglik as 'n gesin in Namibië te woon.
Die verhoor is die eerste van sy soort in Namibië. Hulle voer aan dat huwelike van heteroseksuele paartjies wat buite Namibië gesluit is, wel hier erken word en dat buitelandse gades verblyfreg kry.
Hulle meen dit is ongrondwetlike en openlike diskriminasie om dieselfde regte van hulle te weerhou.
Die saak sal voor hoërhofregters Esi Schimming-Chase, Hannelie Prinsloo en Orben Sibeya dien. Die regters moet uitspraak lewer oor of Namibië se wet op immigrasiebeheer hierdie huwelike, wat wettiglik buite die land se grense gesluit is, moet erken of nie.
Me. Dianne Hubbard van die Legal Assistance Centre (LAC) verduidelik die saak gaan nie noodwendig oor die wettiging van huwelike van dieselfde geslag in Namibië nie.
“Dit gaan oor die interpretasie van Namibië se wet op immigrasiebeheer. Die twee paartjies wil hul huwelike erken hê, sodat hulle as 'n gesin in Namibië kan woon.
“Dit sou moontlik vir die hof wees om dit toe te laat, sonder om enige besluit te neem oor of huwelike van dieselfde geslag ingevolge Namibiese wetgewing toegelaat moet word of nie,” het sy verduidelik.
Hubbard het benadruk verskeie lande erken huwelike of aannemings, wat elders vir 'n doel soos immigrasie plaasvind, sonder om die plaaslike wette te verander.
Dit kom neer op die hof se interpretasie oor wat en wat nie “openbare beleid oortree” nie.
“Gegewe die feit dat talle demokratiese lande huwelike van dieselfde geslag erken, glo ek dit sal vir Namibië moeilik wees om in hierdie tyd te beweer dat huwelike van dieselfde geslag teen openbare beleid is.”
ANDER HOFSAKE
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het die afgelope twee maande geweier om die tweeling, Paula en Maya Delgado Lühl, toe te laat om na Namibië te kom. Hul weiering het die LGBTQ-gemeenskap se dekade lange stryd vir gelyke regte aangevuur. Die ministerie het hierdie week toegegee en uiteindelik noodreisdokumente aan hulle uitgereik.
Sedertdien het die stryd, #BringPaulaandMayaHome gelei tot internasionale nuusopskrifte, betogings, klagskrifte en het druk op die regering geplaas om hul toewyding tot gelyke beskerming vir alle Namibiërs te bewys.
Intussen is twee ander aansoeke by die Windhoek-hoërhof ingedien waarby Namibiërsbetrokke is – me. Pascale Henke en mnr. Andreas Gerdes, en hul Suid-Afrikaanse gades, me. Jennifer du Toit en mnr. Michael Smolinsky. Albei sake is hangend en wag op die uitspraak van die verhoor wat gister begin het.
Volgens Hubbard kan dié uitspraak moontlik voordele vir die Namibiese LGBTQ-gemeenskap inhou en kan dit die weg baan vir die hersiening van wette om dit in lyn te bring met die grondwetlike belofte van gelykheid vir almal.
Hubbard het verduidelik hoewel 'n hof nie die land se wette kan verander nie, dit wel 'n wet ongrondwetlik kan verklaar en dit afkeur, of 'n woord of 'n bepaling in 'n wet op 'n spesifieke manier kan aanpas om dit grondwetlik te maak.
Boonop kan 'n hof die parlement 'n tydsraamwerk gee om 'n wet te hersien sodat dit aan die Grondwet voldoen.
“Die parlement is ons wetgewende liggaam, maar die howe het die gesag en die plig om seker te maak die land se wette moet met die Grondwet ooreenstem. Dit is deel van die kontrole van 'n demokratiese regering.”
DIE STRYD VIR GELYKHEID
Me. Linda Bauman, 'n kampvegter vir gelyke regte, sê die hofsake gee die lang en moeilike stryd om gelykheid 'n hupstoot.
“Hierdie sake kan die breër spektrum van menseregte bevoordeel en 30 jaar se gebrek aan erkenning van die bestaan en beskerming van die LGBTQ-gemeenskap omkeer.”
Die Suid-Afrikaanse kampvegter vir menseregte en gay predikant in die NG Kerk, ds. Laurie Gaum, het gesê dié hofsake bied 'n “merkwaardige geleentheid” vir Namibië.
“Die land moet eenvoudig reageer op die werklikheid en die beste regsraamwerk daarvoor skep.
“Hoewel dit ongemak kan veroorsaak om gekonfronteer te word met iets waaraan jy nog nie blootgestel is of ten volle verstaan nie, is dit 'n uitnodiging om meer gelykheid in 'n niediskriminerende samelewing te skep,” het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie