Huang en kie se saak uitgestel
Tanja Bause
Die omstrede Chinese sakeman, mnr. Yuiqua Jack Huang, en sy vier medebeskuldigdes in die reusebedrogsaak van N$3,5 miljard wat ook belastingontduiking en geldwassery insluit, het gisteroggend vlugtig in Windhoek se landdroshof verskyn.
Die ander beskuldigdes is mnre. Laurentius Julius, Tao Huizhong, Huang Jinrong en Zhu Honggang.
Die vyf, wat op borgtog van tussen N$500 000 en N$1,5 miljoen uit is, se verhoor is tot 1 Augustus uitgestel.
Julius is deur mnr. Dirk Conradie verteenwoordig, en die vier Chinese mans deur mnr. Sisa Namandje. Mnr. Rowan van Wyk is die staatsaanklaer en me. Vanessa Stanley die landdros.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie