Huawei se groei stadigste in jare
China se grootste vervaardiger van telekommunikasietoerusting sukkel om sy westerse mededingers se status te bereik.
Huawei Technologies, China se grootste vervaardiger van telekommunikasietoerusting, sê sy verdienste het die stadigste groei sedert 2013 getoon. Dis ondanks die vordering om ’n markaandeel van Apple in die internasionale selfoonmark te verower.
Die uitvoerende hoof, Ken Hu, sê op Huawei se WeChat-profiel dat dié selfoonmaatskappy se inkomste in 2017 met 15% tot 600 miljard yuan (US$92 miljard) gegroei het.
Dié inkomstegroei is laer as in 2016 toe die verkope met 32% gestyg het.
Die maatskappy het 153 miljoen slimfone verkoop.
Huawei, met sy hoofkantoor in Shenzhen, gebruik ’n groot kontantgenererende netwerk van ondernemings om sy suksesvolle toetrede tot die internasionale selfoonmark te finansier.
Sy slimfone is bekostigbaar maar ding aan die duurder kant van die mark mee, waar hy plaaslike mededingers soos Oppo en Xiaomi verbygesteek het.
Saam met plaaslike eweknieë speel Huawei se bekostigbare sakemodel ’n belangrike rol om Apple en Samsung in China uit die topverkopermark te hou.
Apple maak egter op die iPhoneX staat om die bordjies te verhang in die Chinese slimfoonmark waar klante baie statusbewus is.
Ken sê verder dat die maatskappy se belange in die mark deur beleggingsneigings geraak is maar stabiel bly. Hy is een van verskeie uitvoerende bestuurslui van Huawei wat om die beurt die pos van uitvoerende hoof beklee.
“Die markskommelings maak ons net meer vasberade om vennootskappe met selfoonnetwerke te sluit en verdere geleenthede aan te gryp.”
’n Regte reus
Huawei is in 1987 deur ’n voormalige weermagingenieur, mnr. Ren Zhengfei, gestig. Sedertdien het die maatskappy tot een van China se grootste en mees diverse private korporasies gegroei.
Die selfoonreus begin nou meer aggressief uitbrei na oorsese markte soos Europa en voer glo tans ook samesprekings met selfoonnetwerke in die VSA, waar hy Apple op eie bodem wil aanvat.
Die Chinese maatskappy, wat die derde plek op die internasionale ranglys van slimfoonverkopers beklee, het in die derde kwartaal 10,4% van die internasionale mark verkry, teenoor Apple se 12,4%, luidens die navorsingsgroep IDC.
Die Chinese handelsmerk wen ál meer veld in die mark vir duurder slimfone. Volgende jaar kan ’n waterskeiding vir Huawei en Xiaomi wees as die twee maatskappye se samesprekings met die Amerikaanse telekommunikasiereuse AT&T en Verizon slaag om hul vlagskip-slimfone op die Amerikaanse mark te verkoop.
Die twee maatskappye is tans omtrent nie eens op die radar in dié winsgewende mark waar verhoudinge met die selfoonnetwerke die sleutel tot marktoegang is nie.
Huawei het reeds hard probeer om sy topverkoper-Mate 9-slimfoon in die VSA te verkoop via webtuistes soos Amazon.com maar as hy regstreeks met breëbandvennote sake kan doen, sal hy toegang vir sy produk in die breë kleinhandel kry. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie