Huawei se jongste meer kamera as foon
Huawei se jongste meer kamera as foon

Huawei se jongste meer kamera as foon

Die foon se kamera is in samewerking met die Duitse kameravervaardiger Leica ontwerp.
Petrus Malherbe – Verby is die dae wat jy kiekies met jou selfoon kon neem; deesdae het jy eerder ’n kamera in jou sak wat toevallig ook kan bel.

Dit was die boodskap wat Huawei Woensdagaand wou tuisbring op die swierige bekendstelling van sy nuutste slimfoon.

Die Huawei P30 Pro, P30 en P30 Lite is reeds sedert die aanvanklike bekendstelling verlede week in Parys, Frankryk, ook plaaslik beskikbaar. Dit is wel eers Woensdagaand met groot fanfare, musiek, dansers en ligte by die Kyalami-konferensiesentrum in Midrand, Gautgeng, behoorlik op eie bodem bekend gestel.

Die P30 volg op die hakke van 2018 se P20-reeks wat toe reeds die grense geskuif het met slimfoonfotografie.

“Nes sy voorgangers is voortreflike fotografie ingebou in die P30 se ontwerp,” spog Akhram Mohamed, tegnologiehoof van Huawei in Suid-Afrika.

Mohamed het tydens ’n uitputtende voorlegging deur al die blink nuwe funksies van die P30 gegaan, met ’n sterk fokus op die verbeterde kamerategnologie.

Die foon se kamera is in samewerking met die Duitse kameravervaardiger Leica ontwerp.

Dit spog met ’n verskeidenheid van lense, insluitende ’n 40MP-hooflens en ’n 20MP-wyehoeklens.

Dis geen verrassing dat die foon skitterende foto’s neem, selfs in bykans pikdonker toestande.

Wat wel die gehoor na hul asems laat snak het, is die P30 se nuwe telefotolens wat gebruikers toelaat om tot 50 keer in te zoem en steeds ’n duidelike foto van ’n voorwerp te neem.

Volgens Huawei is die P30 die eerste slimfoonkamera in die wêreld wat dit kan vermag.

Die ander funksies van die foon se kamera sal in meer besonderhede bespreek word sodra Netwerk24 ’n toetsmodel ontvang het.

Die P30 en P30 Pro se ontwerp wyk nie veel af van sy voorgangers en is in lyn met wat van hipermoderne slimfone verwag word: ’n massiewe skerm wat tot in die uithoeke van die raam strek.

Die beste nuus is ook dat die P30 nie noodwendig jou bankbestuurder die horries sal gee nie. Teen R18 999 vir die P30 Pro, R13 999 vir die P30 en R5 999 vir die P30 Lite, is al drie modelle steeds goedkoper as sy naaste mededingers. Veral die jongste iPhones wat almal meer as R20 000 kos. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!