Huawei stééds op Amerika se swartlys
VSA president het op die G20-beraad gesê hy en China se president het tot ’n vergelyk gekom en dat handel tussen Amerika en Huawei maar vir eers kan voortgaan.
Petrus Malherbe
Desondanks pres. Donald Trump se aankondiging die naweek dat Amerikaanse maatskappye wel weer met China se Huawei mag sake doen, is dié maatskappy steeds op die Amerikaanse handelsdepartement se amptelike “swartlys”.
’n Senior amptenaar het volgens Reuters dié week met personeel van die handelsdepartement vergader om hulle die versekering te gee dat Huawei en Huawei-toerusting steeds met omsigtigheid gehanteer moet word.
Amerika beweer reeds geruime tyd die moontlikheid bestaan dat Huawei namens die Chinese regering op sy gebruikers spioeneer.
Huawei ontken dit.
Trump het aanvanklik in Mei gelas dat geen Amerikaanse maatskappy meer sake met Huawei mag doen nie. Dié verbod sou van aanstaande maand af geld.
In ’n verrassende wending het die Amerikaanse president egter op die G20-beraad in Osaka, Japan, gesê hy en China se pres. Xi Jinping het tot ’n vergelyk gekom en dat handel tussen Amerika en Huawei maar vir eers kan voortgaan.
Huawei is egter steeds op die handelsdepartement se lys van maatskappye waarmee Amerikaanse maatskappye nie mag handel dryf sonder toestemming van die regering nie.
Trump se aankondiging is basies die toestemming wat maatskappye soos Google, Facebook en Microsoft nodig het om steeds sake met Huawei te doen.
Google verskaf onder meer die Android-bedryfstelsel aan Huawei.
VRESE VIR EERS BESWEER
Eienaars van Huawei-fone was vroeër in ’n ligte paniek dat hul toestelle nie meer soos normaal sou funksioneer nie weens Trump se verbod.
Dié vrese is vir eers besweer.
Amerikaanse ondernemings wat nog nooit met Huawei sake gedoen het nie, sal egter steeds by die handelsdepartement om toestemming moet aansoek doen.
In ’n e-pos aan werknemers waarsku John Sonderman, adjunkdirekteur van die kantoor vir uitvoer, dat enige sodanige aansoek op grond van meriete beoordeel sal word, maar dat die standaard-antwoord “nee” moet wees.
Dié benadering geld alle aansoeke om sake te doen met enige maatskappy op die sogenaamde swartlys, nie net Huawei nie.
’n Woordvoerder van die maatskappy het intussen Trump se besluit oor die naweek verwelkom en gesê Huawei sien daarna uit om aan te hou handel dryf met Amerikaanse ondernemings.
Ren Zhengfei het die stap as “goeie nuus vir Amerikaanse maatskappye” beskryf, siende dat Huawei ’n groot handelsvennoot van hierdie ondernemings is. Sou hierdie maatskappye wel van aanstaande maand af bande met Huawei moes sny, sou dit tot noemenswaardige werkverliese gelei het.
ADVISEURS ONKANT BETRAP
Intussen het dit ook aan die lig gekom dat Trump se aankondiging oor Huawei selfs sy adviseurs onkant betrap het.
Hoewel die onmiddellike verbod gelig is, het Trump bygevoeg dat Amerikaanse maatskappye net met Huawei mag sake doen solank dit nie ’n nasionale veiligheidsrisiko inhou nie.
Wat dit presies beteken, bly ’n ope vraag.
Peter Navarro, handelsadviseur van die Withuis, het Dinsdag gesê dit beteken basies dat die Amerikaanse regering die verkoop van “mindere tegnologie” aan Huawei sal toelaat – kortom tegnologie wat volgens die handelsdepartement nie ’n noemenswaardige veiligheidsrisiko inhou nie.
Huawei het reeds male sonder tal ontken dat hy namens die Chinese regering op enige regering spioeneer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie