Hugh Hefner oorlede
Hugh Hefner, stigter van Playboy, is in die ouderdom van 91 jaar oorlede, berig Reuters.
Playboy Enterprises sê in ’n verklaring hy het vreedsaam tuis gesterf.
Hefner word gesien as iemand wat ’n sleutelrol gespeel het in die seksuele revolusie van die 1960’s met die publikasie van die manstydskrif, Playboy, wat hy in ’n sakeryk omskep het.
Met sy afsterwe is sy netto batewaarde, luidens berigte, op $43?miljoen geraam.
Hefner is twee keer getroud en geskei, en het vier kinders, hoewel hy later in sy lewe daarvoor bekend geword het dat hy soms met meer as een vrou op ’n slag in ’n verhouding betrokke was. Dit het die werklikheidsreeks,The Girls Next Door, wat in Suid-Afrika as The Girls of the Playboy Mansion op die E! Entertainment-kanaal uitgesaai is, tot gevolg gehad.
Hy is op Oujaarsaand in 2012 met Crystal Harris getroud. Sy was 26 en hy 86.
Hefner is in 1949 met Mildred Williams getroud en hulle het twee kinders gehad: Christie Hefner, wat later haar pa se maatskappy sou oorneem, en ’n seun, David.
Die huwelik, waarin Hefner glo toegelaat is om seks met ander vroue te hê, het tien jaar gehou voordat hulle geskei is.
Hy is in 1989 met Kimberley Conrad getroud, wat 36 jaar jonger as hy was. Twee seuns, Marston Glenn en Cooper Bradford, is uit die huwelik gebore. Hoewel hul paaie nege jaar later geskei het, is hulle eers 11 jaar daarna geskei toe hul jongste seun 18 jaar oud geword het.
Die egskeiding is in Maart 2010 afgehandel en Hefner het kort daarna aan Harris verloof geraak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie