Huil-huil deur Botswana
Ek het besluit om my studentejare op die wonderlike Puk deur te bring. Dit was, sonder twyfel, die beste tyd van my lewe. Die een aspek wat ek egter nie geniet het nie, was die lang pad terug huis toe. Ek was gelukkig bevoorreg om meeste vakansies huis toe te vlieg, want ek en die Botswana-pad is glad nie vriende nie.
Die laaste dag van my tyd op Potch moes egter êrens aanbreek, en hierdie terugtrek huis toe kon nie via vliegtuig gebeur nie. My arme moeder moes noodgedwonge die pad Potchefstroom toe vroualleen aandurf. Sy het haar goed van haar taak gekwyt, en is veilig in Potch. Die probleme het egter ingekom toe ons my hele vier jaar van studeer in haar geliefde Nissan Micra, Petunia, probeer inpas het.
Elke moontlike spasie in die klein motor met die groot hart is gevul. Ek moes telkemale hoor: “Mariselle, waar het jy al die goed in jou koshuiskamer gebêre? Waar gaan ons alles inpas?” Maar, wonder bo wonder het ons alles ingekry. Die moontlikheid was altyd daar dat ’n bedlampie, rugsak, leesboek of besem jou teen die oor sou klap as jy te vining oor iets ry of stop, maar dit was ’n risiko wat ons moes neem.
Die groter risiko was toe ons Botswanna binnery. Eeerstens het ons later as beplan daar aangekom. Tweedens was dit reeds onmenslik warm, al was dit vroeg die oggend. Derdens het ons nie naastenby genoeg water of padkos gehad nie. Ná ons die motor op Kanye volgemaak het, het ons besluit ons gaan die res van die pad op net een tenk brandstof klaarmaak. Net een tenk. Ons het in totaal twee bottels water (wat reeds warm was), flat, warm coke en ’n halwe pakkie lekkergoed in ons besit gehad.
Ons het wel op Kang besluit om Nando’s te koop, maar ons koop nie koeldrank of water nie, en ons ry verby die petrolstasie. Petunia is mos ’n masjien, sy sal hierdie kan doen.
Met meer as ’n 100 km nog voor Charles Hill besef ons hier kom groot probleme, want ons petrolliggie het begin skyn. Gewoonlik sien jy hoeveel kilo’s jy nog kan ry, maar dit was later van so ’n aard dat daar net strepies was. Ons besef ons gaan moet kyk vir ’n petrolstasie nader aan waar ons op daai oomblik was, want ons Petunia-masjien gaan dit nie maak nie.
Dit was warm, ek was dooddors en -honger, ek was besig om siek te word en ek en my ma het begin huil. Ons ry later 20 km ’n uur, want ons besef ons gaan êrens moet petrol spaar.
Ons is later só desperaat ons probeer enige voertuig met ’n Namibiese nommerplaat aftrek om ons te help.
“Sellie, soek net die Namibiese nommerplate. Namibiërs sal ons help, ek weet dit net.” Ons kry net lorries, en diegene wat ons kry om te stop, sê hulle kan ons nie help nie. Ons het nie sein nie, en ons besef niemand gaan ook weet waar ons is nie.
Wonder bo wonder kry ons by Tshootsha petrol. En hier gaan ons weer aan die huil, want hier is petrol, ons hoef nie in die bos te slaap nie, en ek kan water kry.
Ek koop ses 2 l-bottels, en drink drie nét daar op. Soos ons petrol ingooi, sê een van die bestuurders van een van die lorries wat nie kon/wou help nie hy is vreeslik bly om te sien ons het dit gemaak.
“Gelukkig het julle dit gemaak tot hier, want in die bosse langs die plek waar julle ons gestop het, was daar ’n leeu in die omgewing los.”
Dankie vir jou omgee, hoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie