Huil tot dit trane van hoop is
Yolanda Nel – Namibië bloei op die oomblik. Hulle sê ongelukke kom in drieë, maar ek dink ons land het meer as haar fair share van houe gevat.
Ons het gedink die ergste van Covid-19 is verby. Ons het gedink ons los hierdie virus in 2020. Ons was nie gereed vir hierdie winter nie. Maar soos Spoegwolf sing: “Hey sambreeltjie, gooi jouself net toe, die ergste lê daar voor”.
Ons het gedink gelykheid is gelykheid, ongeag ras, geslag en seksuele voorkeur, maar onregverdigheid bly die orde van die dag. En Namibië bly aan die verloorkant. Dit lê hier op ons voorstoep. Dit is nie meer iets wat met ander mense in ander lande gebeur nie. Dit gebeur hier, met ons eie mense en ons kry seer.
Dit maak seer omdat ons mense is wat omgee, en doen onreg aan ons eie mense, dan kry jy 'n land wat saamstaan.
Die pandemie speel 'n magstryd en dit lyk of ons aan die verloorkant staan. Ons geliefdes gaan dood en lê letterlik in hopies op 'n hospitaalvloer. Iemand se man, se oupa, se ma of se suster, omdat ons nie vir sulke situasies gerat is nie.
Hard, maar die waarheid. Wie se skuld is dit? Moet regerings gereed wees vir 'n wêreldpandemie? Moet ons regstaan vir die spreekwoordelike “worst case scenario”? Sou ons daarby baat?
Almal kyk na die regering en die regering kyk na die privaat sektor, want waar sal ons hulp dan nou vandaan kom? Hoewel die publiek voel die hulp het in menigte finansiële vorm reeds verlede jaar gekom. Soek ons dan nog? Waar is die geld? Hoekom kan ons nie ons landsburgers help nie?
Ons atletiekvroue word gepenaliseer, omdat iemand in 'n kantoor meer mag het en klaarblyklik bang is vir wat Afrika-vroue kan vermag. Want die hemel weet dat iemand van anderland uit 'n village wat niemand kan uitspreek nie tog net nie 'n goue medalje huis toe bring nie. Dit terwyl 'n man kan besluit hy is 'n vrou en steeds kan deelneem.
Is daar trots as daardie medalje om jou nek hang, wetende iemand is eintlik beter? Wetende jy is eintlik 'n man?
Namibië se trots strek dieper as bloot 'n medalje wat moet huis toe kom. Ons is klaar trots. Hulle mag klaar trots voel. Namibië se vlag wapper hoog.
Dit maak nie saak hoe hard ons huil nie, ons staan weer op.
En dan op 'n dag, ry 'n klomp bikers na die hospitale toe en bid. Tannies begin sopkombuise en lintprojekte en daar is 'n magdom kos wat oraloor die land afgelewer word. Elke dag, vir weke aaneen.
Ons teken petisies om te wys ons staan agter ons atlete. Die private sektor help die regering, want ons is een en ons staan saam. Saam gaan ons ons Namibië weer opbou. Saam gaan ons wen.
Dan huil Namibië weer, maar dis 'n beter huil. 'n Huil van hoop dat ons kan en dat mense ons gaan help regop staan as ons voel ons kan nie meer 'n tree verder gee nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie