Huis brand in Windhoek
Tanja Bause – Flink optrede van die brandweer het verhoed dat 'n huis in die hoofstad afbrand.
'n Brand het Vrydagvoormiddag in dié huis in Iipumbu ya Tshilongo-straat in uitbreiding 1 van Academia uitgebreek.
Brandweermanne van die Diaz-substasie was vinnig op die toneel.
“Ons kon gelukkig die brand vinnig onder beheer kry en keer dat die hele huis afbrand,” het die stasiebevelvoerder van Diaz, mnr. George Jesaia, gesê.
Volgens hom was daar 'n man in die huis en hy het baie ligte brandwonde opgedoen. Die honde, wat in die huis was, het ongedeerd van die vlamme ontsnap.
“Die oorsaak van die brand is nog onbekend,” het Jesaia gesê.
’n Brandweerwa van die Otjomuise-substasie het ook ná 'n ruk opgedaag en bystand verleen.
Die eienaar van die huurhuis woon glo in Kaapstad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie