Huis uit plastiekbottels
Tanja Bause
Drie jaar gelede het Joey Wilson van Gibeon ’n huis uit leë tweeliter-plastiekbottels gebou.
“Ek het die gedagte gekry dat ek iets moet doen wat uniek is. Iets wat my huis van ander onderskei, maar ook iets wat my huis sterk maak. Die gedagte van die leë plastiekbottels het toe by my opgekom. Die bottels is langer as bakstene en jy moet hulle langs mekaar plaas en nie soos stene agtermekaar nie.”
Hy het begin om die bottels bymekaar te maak en hulle met sand op te vul.
“Ek het vir die kinders van die omgewing 10c per leë bottel betaal. Hulle en selfs grootmense het vir my bottels gebring, wat sommer ook vir Gibeon skoner gemaak het. Ek het 3 600 bottels gebruik om my 3,5 by 4 meter huis te bou.”
Hy het later agtergekom as jy die bottels met water vul in plaas van sand hou hulle langer. Die water laat ook die lig deur en maak die vertrek helder.
“Jy kan ook gekleurde water bysit en wanneer jy die lig in die kamer aansit dan skyn dit buite in al die verskillende kleure; dit lyk soos ’n Kersboom van ver af. Jy moet die bottels net reg pak. Dit vat ook baie minder tyd om die bottels met water te vul.”
Hy het sy huis binne vier dae klaar gebou en volgens hom is die metode van bou nie net goedkoper en vinniger nie, maar dis ook herwinbaar en hou die omgewing skoon.
“Jy kan ook grensmure en ander mure só bou. Die agterkant van die bottels wys na buite en die proppe na die binnekant.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie