Huisbrake bekommer polisie
Huisbrake bekommer polisie

Huisbrake bekommer polisie

Elke naweek word by 'n aantal huise in die hoofstad ingebreek, sê die owerhede.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die polisie in die Khomasstreek is bekommerd oor die toename in huisbrake.

Komm. Silvanus Nghishidimbwa, die polisiebevelvoerder in dié streek, sê in die verlede het inbrekers net op tradisioneel gegoede woonbuurte toegeslaan.

Deesdae is dit geen uitsondering vir boewe om by 'n buurt soos Okahandja­park ook in te breek nie, sê hy.

Volgens Nghishidimbwa is huisbrake een van die topvyf-misdade in die streek.

“Ja, daar is 'n toename. Dit is een van die misdade wat kommer wek,” het hy gistermiddag gesê.

Hy sê die polisie beskou huisbraak in 'n ernstige lig, ongeag die waarde van die buit. “Dit is 'n eienaar wat sy eiendom verloor.”

Sers. Romeo Simasiku, 'n woordvoerder van die stadspolisie, het gister gesê tien gevalle van huisbraak met die doel om te steel, en diefstal is die ­afgelope naweek by hulle aangemeld.

Daarnaas is 13 gevalle van huishoudelike geweld ook die afgelope naweek by die stadspolisie aangemeld.

Nghishidimbwa sê die polisie is deurgaans bekommerd oor huishoudelike geweld.



Avihe-beweringe weerlê

Intussen het Nghishidimbwa te velde getrek teen plasings op sosiale media waarin die afgelope naweek beweer is me. Sylvia Kaimu, die oorlede Avihe Ujaha se ma, is in hegtenis geneem.

Die senior polisiebeampte sê dit is onwaar dat die polisie vir Kaimu en 'n broer van haar weens die grumoord op die negejarige meisietjie aangekeer het.

Volgens hom soek die polisie steeds na die geweldenaars wat op 26 Julie verlede jaar vir Avihe ontvoer en vermoor het.

Haar erg verminkte lyk is twee dae later in 'n rivierloop in die hoofstad gevind.

Verlede Maandag sou Avihe tien jaar oud geword het. Dit was ook daardie dag ses maande sedert haar opgekapte lykie gevind is.

Me. Jessica Kaimu, Avihe se ousus, het verlede week aan Republikein gesê die gesin sukkel steeds om haar dood te verwerk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!