Huisbrand, ongelukke eis lewens
Minstens agt mense het die naweek gesterf – in padongelukke, ’n brand, ’n verdrinking en moord.
Volgens ’n Namibiese polisieverslag het ’n 31-jarige man Saterdag omstreeks 07:48 in sy huis in Kitchenerstraat in Otjomuise doodgebrand.
“Die man het in sy huis geslaap toe ’n buurman die huis sien brand. Die brandweer was op die toneel, maar die man was reeds dood,” lui die verslag.
Volgens die verslag is die oorsaak van die brand nog nie vasgestel nie en duur die ondersoek voort.
• Die polisie ondersoek ook nog die saak van Kaarina Nkandi (48), wie se lyk glo Vrydagoggend in die bosse naby die B1-hoofweg in die Ondjokwe-nedersetting in Onankali gevind is.
• Die 18-jarige Andreas Tobias het volgens die verslag Vrydagmiddag in die Goreangabdam in Wanaheda verdrink.
“Die lyk is deur polisieduikers uitgehaal en sy naasbestaandes is reeds van sy dood in kennis gestel,” lui die verslag.
MOORD IN WANAHEDA
Volgens die polisieverslag is die afgelope naweek twee moordgevalle in Wanaheda aangemeld. Een was glo Vrydag omstreeks 23:00 by die Eehambo daNehale-nedersetting. Volgens die verslag is ’n 27-jarige man deur sy buurman met ’n mes gesteek.
“Hy is op die toneel dood. Die verdagte het homself by die Wanaheda polisiestasie oorgegee,” lui die verslag.
Die ander geval het volgens die verslag Saterdagaand by Havana plaasgevind. ’n 32-jarige man is glo tydens ’n bakleiery met ’n mes in die nek gesteek. Volgens die verslag is die 29-jarige verdagte reeds in hegtenis geneem.
Volgens die verslag is ’n man ook Saterdagaand in die Soek-en-Kry informele nedersetting by Koës twee keer met ’n mes gesteek. Die 40-jarige man is glo by die Koës-kliniek behandel en is stabiel.
“Die 18-jarige verdagte het sy inhegtenisneming teëgesit en het die deur van die vangwa geskop,” lui die verslag. Die verdagte sou gister (Maandag) in die hof verskyn.
VOERTUIGONGELUKKE
’n Bakkie met sowat agt insittendes het Saterdag omstreeks 02:30 op die grondpad tussen Artites-Oos en Uitspaan-plase in die Tses-omgewing gerol. Een passasier het in die ongeluk gesterf.
“Die oorledene het vermoedelik saam met twee ander mans agterop die oop bakkie gesit toe die voertuig gerol het. Hy is van die bakkie af geslinger en het op die toneel gesterf,” lui die verslag.
Volgens die verslag het die ander passasiers net ligte beserings opgedoen en is hulle na die staatshospitaal op Keetmanshoop vir behandeling geneem.
• Die 44-jarige Gabriel Hinanye se lewe is ook Saterdag in ’n padongeluk geneem. Volgens die verslag het Hinanye omstreeks 18:00 op ’n grondpad in Onkani-Onamutuku in die Omusatistreek beheer oor sy motor verloor en dit het omgeslaan.
“Hy is op die toneel dood. Die passasier wat saam hom in die motor was, is met ’n ambulans na ’n hospitaal op Oshikuku geneem. Dié persoon het net ligte beserings opgedoen,” lui die verslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie