Huiseienaar skiet vermeende rower dood

Drie persone is die naweek vasgetrek weens die besit van dwelms.
Tanja Bause
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is ’n vermeende inbreker Vrydag omstreeks 05:30 in Omulungastraat in Wanaheda in Windhoek deur die huiseienaar (51) doodgeskiet. Na bewering het mnr. Skrywer Christan (23) en nog ’n verdagte probeer om by die huis in te breek.

Tussen Vrydagaand en Saterdagoggend is mnr. Ananias Amutenya (21) in die hospitaal aan sy kopbeserings dood. Na bewering het hy dié beserings opgedoen terwyl hy met ’n ander man baklei het. Die voorval het in die Okahandja Park- informele nedersetting by Windhoek plaasgevind. Die verdagte het homself aan die polisie oorgegee.

Die ontbinde oorskot van mnr. Martin Haingura (25) is Saterdag omstreeks 10:00 deur die plaaseienaar op die plaas Goub onder ’n boom gevind. Die polisieondersoek duur voort.

VERKRAGTING

Vrydag omstreeks 18:45 is ’n 20-jarige vrou in Block D op Rehoboth verkrag. Die verkragter is na bewering die vrou se kêrel en hy het haar by haar huis in Block G opgelaai en na sy huis geneem waar die insident gebeur het. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

ONGELUKKE

Vrydag omstreeks 20:00 is die 36-jarige mnr. Pär Loots dood toe die trekker waarop hy ’n passasier was, omgeval het. Hy is deur die trekker vasgepen en is op die toneel dood. Die ongeluk het sowat 5 km buite Otavi gebeur. Die trekker was glo op pad na die plaas Otavifontein

’n Onbekende man is Sondag omstreeks 00:02 op die Brakwater-pad naby Jan Japan Motors doodgery. Hy is glo deur ’n Toyota Hilux-bakkie gestamp. Die polisieondersoek duur voort.

Me. Caroline Brits (37) is op slag dood toe die voertuig waarin sy ’n passasier was in ’n ongeluk met twee ander voertuie betrokke was. Die ongeluk het Sondag omstreeks 00:00 op die B1-hoofpad naby Hoërskool Dr. Lemmer in Block D op Rehoboth plaasgevind.

DIEFSTAL

Die polisie het Saterdag omstreeks 01:00 vier mans van onderskeidelik 30, 36, 43 en 48 by die Ncaute-nedersetting in hegtenis geneem. Die mans was glo in besig van gesteelde houtplanke. Hulle het die planke sonder wettige permitte vervoer en het op die vlug geslaan. Hulle het ook die aandklokreël verontagsaam.

Tussen Vrydag en Saterdagnag het onbekende verdagtes ’n venster by die Zula Fashion Shop op Mariental gebreek en toegang tot die winkel verkry. Hulle het klere ter waarde van N$5 450 gesteel. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

DWELMS

Donderdag omstreeks 23:30 is ’n 24-jarige verdagte in die DRC- informele nedersetting op Swakopmund in hegtenis geneem nadat hy met 190 gram dagga ter waarde van N$9 500 gevang is.

’n Drie-en-twintig-jarige vrou is Vrydag omstreeks 12:00 in Hoachanas in hegtenis geneem nadat sy in die besit van 28 bankies dagga ter waarde van N$1 400 betrap is.

Saterdag omstreeks 02:15 is ’n 23-jarige man in Kalaharistraat in Narraville in hegtenis geneem nadat hy 4 bankies dagga ter waarde van N$10 500 by hom gehad het.


FOTO’S
Die trekker waaronder mnr. Pär Loots gesterf het. Foto verskaf
Mnr. Pär Loots is Vrydag in ’n fratsongeluk dood.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!