Huishou vir ‘useless’ mense
Soos ek.
Ek is useless.
Veral as dit by huishou kom. Vra my eerder om ’n boek oor die avonture van ’n eensame amoeba te skryf, of ’n opstel oor die sielkundige probleme van ’n stoelpoot, of die eksistensiële krisis van die krambinder.
Maar moenie my vra om gou iets te ete aan mekaar te slaan, gou daai hemp te stryk of die pannekoekstalletjie by die skool se sportkaskenades (of wat hierdie soort geleenthede ook al genoem word) te beman nie. Of om ’n tafeldoek te hekel/ brei/weef nie.
Om die waarheid te sê, met só ’n useless ma is dit ’n godswonder dat Spruit nog leef. Ek kon vir haar stories lees en aweregse sprokies opmaak, maar sy was nie juis die skoon, netjiese graad eentjie wie se boekies almal met mooi geskenkpapier oorgetrek was en waarvan die etikette in sierskrif geskryf is nie. Sorry, julle.
Van kleins af is sy saam met die honde, meubels, matte, klere, swembad en grasperk gestofsuig, want ’n stofsuier is mos ’n handige ding. En kinders onder 13 sweet mos nie eintlik nie, hulle vergader net stof – dís nou as hulle lank genoeg stilstaan. Gelukkig het Spruit nooit juis stilgestaan nie, so sy's darem nie te veel gestofsuig nie.
Die punt is - as jy nie juis ’n huishou-godin is nie, en eintlik ook nie ’n moer daaroor omgee nie, doen jy dit só:
Wasgoed kan jy sommer in die stort was terwyl jy stort. Skrop dit op die stort se vloer terwyl jy squats doen en jou hare was - drié vlieë met een klap: oefening, hare was, klere was. Hemde kan jy in die stort ophang om die kreukels uit te stoom - niemand het tyd om rustig agter ’n strykplank rond te staan nie. Regtig, bestaan sulke goed ooit nog?
Skottelgoed is vir die voëls. Papierborde en -koppies is goedkoper as skottelgoedwasseep of ’n skottelgoedwasmasjien. En niemand het tyd vir droomverlore by die venster uitstaar terwyl jy skottelgoed was nie.
Kosmaak is eenvoudig - kry net een van daai steamer-goeters, moer ’n klomp goed van verskillende kleure daarin en sit dit in die mikrogolf vir so 15 minute. Die kanse is goed dat iets eetbaar wel daaruit sal kom.
Vloere was kan pret wees. Gooi skoonmaakgoed en warm water oor die vloer uit. Spring op ’n ou handdoek en doen die samba, ramba, mamba, twist of hol net rond. Jou vloer sal wel ’n bietjie beter lyk en jy spaar gym-geld.
Tuinmaak is ’n probleem as jy in Joburg bly en jy't nie ’n skaap om jou gras te snoei nie, maar in Windhoek is daar goddank nie sulke probleme nie. Gelukkig is alles wat jy in jou tuin het, dood.
Dus, as jy, soos ek, nie bereid is om jou kop oor huishou te breek nie, moenie worry nie, daar ís maniere om die lewe makliker te maak.
En vinnig ook.
Sodat jy tyd het vir dít wat saak maak.
Soos om op die bank te lê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie