Huishoudelike voedselonsekerheid is ’n tydbom
Kinders die ergste geraak
Dr. Kobus Laubscher
’n Onlangse verslag van die Child Institute van die Universiteit van Kaapstad lewer bewys van verswakkende voedselsekuriteit onder jong kinders, waarvan die impak nog nie behoorlik gekwantifiseer is nie.
Kinders onder die ouderdom van vyf is uitgelewer aan uiters ongunstige sosiomaatskaplike toestande met verreikende gevolge. Groeigestremde kinders leer moeiliker en het minder weerstand teen siektes, met die gevolg dat gesondheidsdienste net soos die skoolstelsel onder verdere druk kom.
Die anomalie is dat Suid-Afrika, gemeet aan erkende globale standaarde, eintlik deurgaan as ’n land met voldoende voedselsekuriteit. Dit is ’n uitvoerland as dit by voedsel kom, terwyl miljoene mense sukkel om ’n gesonde bord kos op die tafel te sit. Die gevolg is afwykende eetpatrone met ’n oormatige verbruik van stysel. Kinders se magies kom vol, maar nie met heilsame kos nie.
PILARE
In beginsel rus voedselsekuriteit op drie pilare, naamlik beskikbaarheid, toegang tot voedsel en bekostigbaarheid. ’n Vierde pilaar moet egter bygevoeg word, naamlik stabiliteit van voorsiening.
Laasgenoemde dui op die graad van buffering teen eksterne skokke soos droogtes, konflik en les bes ’n pandemie soos Covid-19. Die goeie nuus is dat die Suid-Afrikaanse landbou veral tydens die harde grendeltyd, blywend voedsel beskikbaar gestel het.
Die regering wou om die verkeerde redes ingryp deur verspreiding te sentraliseer, maar gelukkig vir die ontvangers, het die donateurs voet neergesit en daar was kos op baie tafels – in die meeste gevalle gratis.
Wat egter duidelik uit die verslag is, is die omvang van gapings in voeding – te veel mense en veral kinders kry nie voldoende voedsame kos nie. ’n Onrusbarende aantal kinders lewe onder die broodlyn met ’n huishoudelike inkomste van minder as R547 per maand.
Tesame met stygende werkloosheid, is die verskillende toelaes toenemend onvoldoende, omdat te veel mense in huishoudings van die kinder- en ander toelaes afhanklik is. Navorsing het ook bewys dat die kindertoelae, al is daar ’n verhoging in die 2021-begroting, onvoldoende is om te voldoen aan die minimum voedingsbehoeftes van groeiende kinders. Kinders onder die ouderdom van vyf ervaar dus toenemend meer voedselonsekerheid.
In die verslag word daar vervolgens gewys op die dubbele slag wat die bevolking tref, naamlik ’n land waar mense kronies honger is en kinders groeigestrem raak, terwyl ’n toenemende aantal kinders en volwassenes oorgewig en vetsugtigheid is. Beide die toestande belemmer sorg en ontwikkeling en moet gelewer word teen verhoogde koste, gewoonlik vir die staat.
Die statistieke hieromtrent is skrikwekkend.
Baie oorsake word behandel in die genoemde verslag, waarvan beskikbaarheid en bekostigbaarheid uitstaan, maar wat ook wys op die gebrek aan behoorlike kommunikasie en leefstyl.
FOKUS
Korporatiewe maatskappye binne die voedselwaardeketting plaas dalk ook ‘n oordrewe fokus op kinders. Advertensies bevorder ’n bepaalde verbruikspatroon met voorkeur aan besondere produkte. Dis baie cool om sekere produkte te eet en die verbruik van veral kitskosse word sterk bevorder.
Tot en met die pandemie was tuisvoorbereiding eintlik uit die oude doos, maar gelukkig is die nuwe normaal ten opsigte van uiteet, om tuis te eet. Groter klem word geplaas op vars groente en vrugte – wat self gekoop is. Aan die ander kant is ‘n groot deel van die bevolking en wie dit die nodigste het, ontdaan aan toegang tot basiese dienste. Hoe bly ‘n slaaikop vars in ‘n informele nedersetting sonder krag en lopende water?
Daar rus dus ‘n groot verantwoordelikheid op beleidmakers se skouers en drastiese maatreëls is nog nodig. Soos met verhoogde belasting op suiker om die verbruik te ontmoedig, sal daar prysverligting moet kom op gesonde kosse en meer produkte behoort soos suiker belas te word.
Die nienakoming hiervan beteken hoë geleentheidskoste, want die probleem van groeistremming voor die ouderdom van vyf, trouens die eerste 1 000 dae van ‘n kind se lewe, word ‘n blywende las op die samelewing.
Aandag aan hierdie uitdaging sal die landbou bevorder, aangesien dit die vraag na basiese landbouprodukte sal bevorder. Meer van die basiese produk en minder toegevoegde waarde wat die voedingswaarde inperk, is die aangewese oplossing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie