Huishoudings vir MIV-opname geïdentifiseer
Die huishoudelike inskrywings vir die Namibië Bevolkingsgebaseerde MIV Impakstudie-opname (Namphia) is voltooi.
Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sal die insameling van inligting vir die volle opname op 19 April vanjaar begin.
Volgens ‘n verklaring sal ondersoekspanne in Maart en April opleiding ontvang om te verseker dat die opname so doeltreffend en volledig moontlik geskied.
Tydens die huishoudelike opname is 46 085 huishoudings in verkose gebiede geïdentifiseer.
Die ministerie staan aan die voorpunt van die Namphia-opname in samewerking met die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) en die Namibië Instituut vir Patologie (NIP).
Die opname word ondersteun deur die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) en Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voorkoming (CDC).
Die doel van Namphia is om ondersoek in te stel na die huidige verspreiding van die MIV-pandemie, sowel as die impak van Namibië se voorkoming-, sorg- en behandelingsprogramme in die land se 14 streke.
Tydens die opname sal gefokus word op die koers van nuwe MIV-infekterings in Namibië, die voorkoms van MIV in elke streek, sowel as die doeltreffendheid van MIV-behandeling soos gemeet aan die onderdrukking van die virus by persone wat met MIV saamleef en anti-retrovirale medikasie gebruik.
Dit sal die eerste keer wees wat bevolkingsgebaseerde inligting oor die voorkoms van MIV in babas en kinders op nasionale skaal ingesamel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie