Huishulpe: Nuwe minimum loon kom Oktober
Die ministerie sê die minimum loon is bepaal nadat inflasie in ag geneem is.
Elvira Hattingh - Die nuwe minimum loon vir huishulpe sal vanaf 1 Oktober van krag wees en boonop gaan werkgewers voor 30 November by die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping moet registreer.
Dit volg nadat die ministerie in ’n mediaverklaring verlede week bekend gemaak het dat die nuwe loonopdrag vir huishulpe in Oktober vanjaar in die Staatskoerant sal verskyn.
Hiervolgens sal voltydse huishulpe binnekort sowat N$150 meer per maand betaal moet word. Die kabinet het vroeër ’n verhoogde minimum loon van minstens N$1 502,05 per maand, N$346,89 per week of N$69,37 per dag goedgekeur. ’n Huishulp moet N$8,67 per uur ontvang en deeltydse huishulpe moet N$43,35 betaal word.
Die loon sluit ’n toelaag vir openbare vervoer uit.
Die ministerie sê die minimum loon is bepaal nadat daar na onder meer inflasie op kosprodukte, nie-alkoholiese drankies, behuising, water, elektrisiteit en brandstof gekyk is – dit wat die meeste relevant is tot huishulpe.
“Die inflasieverhoging is op 10,05% geplaas, terwyl ‘n ware salarisverhoging op 0,95% geplaas is. Die totale verhoging staan dus op 11%,” lui die verklaring.
Ander vereistes soos werksure, oortyd, basiese werkstoestande, opleiding, vastetermynkontrakte, standaarde vir akkommodasie vir huishulpe wat by werkgewers woon, asook inligting oor hoe die lone afgedwing gaan word, sal in die Staatskoerant bekend gemaak word.
Tydens die aanvanklike inhandiging van die loonopdrag het die voorsitter van die lonekommissie, dr. Libertine Amathila, gesê verskeie bronne is geraadpleeg voordat die opdrag opgestel is – insluitende inligting van die Namibië Statistiekagentskap, die arbeidswet en die vorige loonopdragte.
Boonop is Suid-Afrikaanse wette en regulasies asook internasionale wette op behoorlike werktoestande vir huishulpe bestudeer. Sy het gesê dit sal voor die einde van die jaar geïmplementeer word.
Dit volg op die eerste loonopdrag wat in April 2015 van krag word het, waarvolgens ’n minimum loon van N$1 218 vir huishulpe ingestel is. In 2016 is dit tot N$1 353 verhoog.
Toe het navorsing aangedui dat tot 45% van sowat 46 000 Namibiese huishulpe minder as N$600 per maand verdien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie