Hulde aan Dok Spies
Veteraanjoernaliste het staaltjies oor Republikein se eerste redakteur gedeel.
Francoise Steynberg - Drie veteraanjoernaliste het Vrydag by die Namibië Toerisme Ekspo om 'n "koppie sawwe lyf" hulde gebring aan Republikein se 40-jarige bestaan en sy eerste redakteur, wyle dr. Jan Spies.
Des Erasmus, Deon Eysele en Jo-Maré Duddy het vertel hoe hulle vir Dok Spies as mens, "een van die grootste mens-mense", onthou.
Jo-Maré vertel dat Dok Spies destyds met die matriekuitslae, waartydens die hele redaksie deurnag gewerk het, wou help met die lang lyste as ouers van heinde en verre daarvoor inbel.
"Dok wou graag een keer help, maar nie alle matrieks kom deur nie - wat 'n diplomatieke tameletjie veroorsaak het. As 'n matriek nie die pyp gerook het nie, het hy gesê 'nee man, jy moet maar volgende jaar harder werk'."
Volgens Jo-Maré was Dok Spies een van die slimste mense met die grootste algemene kennis na wie almal wou hardloop vir antwoorde op vrae.
"Tog het jy twee keer gedink voor jy hom iets sou vra, want jy sou ten minste 'n uur in sy kantoor wees."
Sy vertel Dok Spies het met koningin Elizabeth se besoek die Britse stamboom deeglik nagevors.
Des, wat al 58 jaar in die joernalistiek is, onthou Dok Spies as 'n nagmens wat baie hard gewerk het.
"Die koerant het destyds om 22:00 gesak en om 02:00 gooi jy die blaaie eers af. Ek het van middernag af op die mat geslaap tot ek die koerant se blaaie om 02:00 moes afteken en dan het Jan nog in sy kantoor gewerk."
Des onthou ook hoe Dok Spies met die koms van Halley se komeet in 1986 gereël het dat belangstellendes die komeet uit 'n vliegtuig kan sien terwyl hy lesings gee.
Maar wat Des die meeste van Dok Spies onthou, is dat hy een van die grootste mens-mense was.
Deon vertel toe hy by Republikein was, het Dok Spies toe meer geboer as wat hy by die koerant was.
Toe Deon in 1981 as joernalis op Oshakati begin het, was dit in die oorlogtyd - wat baie uitdagings gebied het. "Telefoonpale was 'n teiken en is dikwels opgeblaas. Dan het ons geen kommunikasie gehad om stories deur te stuur nie."
Republikein word op 1 Desember 40 jaar oud en deur die loop van die jaar gaan nóg vieringe vir dié mylpaal wat bereik is, plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie