Hulde aan Ena Venter gebring
Roubeklaers van heinde en verre word Vrydag om 18:00 in die saal van Namib High op Swakopmund verwag, wanneer hulde aan die befaamde koorleier, Ena Venter, gebring gaan word. ’n Roudiens sal Saterdag om 14:00 ook in die skoolsaal gehou word. ’n Laaste eerbetoon sal by albei geleenthede deur die Mascato-jeugkoor betoon word. Venter is op 5 Augustus, twee dae ná haar 84ste verjaardag, na ’n lang siekbed oorlede. Sy was onder andere die koorleier van die Windhoek Jeugkoor en ’n stigterslid van die Mascato’s. Sy was alombekend vir haar nederigheid, maar ook vir die ferme hand waarmee sy haar kore tot groot hoogtes gelei het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie