Hulde aan Oom Daantjie Louw
Wat 'n groot gees was oom Daantjie nie gewees nie. In my oë beslis Namibië se eie Danie Craven, geen twyfel daaroor nie. Rest in peace, ou Grote. Baie sterkte aan die familie, mag God julle troos en lei in hierdie moeilike tyd. – Christo Bouwer
RIV, liewe oom Daantjie. Jy was 'n man met 'n baie groot hart. Jou plekkie is leeg, dit is baie hartseer. Sal nooit oom se lekker geselsies met 'n ou sigaretjie vergeet nie. Baie sterkte aan al sy familie. – Chrisinda du Toit Heydenrych
As jong man het ek my eerste kar by Oom Daantjie gekoop. My letterlik op my voete gehelp. Gereeld by hom koffie gaan drink en rugby gesels. Dankie Oom Daantjie. – Jasper Coetzee
'n Groot seder het geval. Jou plek is leeg oom Daan. Sterkte tannie Dorie, Flip Louw, Sonja, Marthea en Danie. Mag God jul omvou met sy liefde. – Elize Coetzer-Steynberg
Oom Daantjie. . . saam met wie ek en Klaus Linow die begraafplaas probeer mooi maak het? Dis bitter hartseer. – Regine von Teichman
Ek het die mooiste foto's daar van hom geneem - waar hy met sy kierie vir my sit en wys hoe en waar hulle skoonmaak. – Mariana Balt
Voorwaar ‘n legende wat weg is. – Henriëtte le Grange
Sy naam sal voortleef in ons land. – Elsabe Burger
Daantjie het diep spore in hierdie land getrap en was geliefd by almal wat hom geken het. – Johan Strydom
'n Mens van sy kaliber is dun gesaai! Rus in vrede, Oom Daantjie! Jy sal vir altyd 'n legende wees! – Werner Verwey
Sterkte aan die Louw-familie. Oom Daantjie sal lank onthou word in die gemeenskap. – Jood Opperman
RIV, Oom, jy het ons jong manne jare terug laat voel Wanderers is ons huis. Oom Daan, jy sal gemis word. – Gert van Zyl
Hy sal altyd onthou word as ‘n groot gees. – Bernard Pretorius
Die hele Namibië sal hom mis. – Sakkie van Zyl
Iemand wat die Namibiërs nooit sal vergeet nie. – Vivian Lettie Blignaut

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie