Huldeblyk aan Anton Lubowski
JOHN FREDERICKS SKRYF:
12 September 1989 is ’n donker dag in ons bevrydingstrydgeskiedenis. Anton Lubowski is vroegaand koelbloedig doodgeskiet en voordat hy kon omdraai en soos Che Guavara aan sy moordenaars kon sê: “Kyk my in die oë voordat julle my vermoor”, het sy lewelose liggaam die grond getref.
Anton se grootste oortreding, waarmee hy met sy lewe moes boet, was dat hy as ’n witmens hom beywer het vir die vryheid van alle mense van sy geliefde land, Namibië. Hy het die hoogste prys betaal, maar behalwe dat hy met sy lewe moes boet, het hy ook al sy witmens-voorkeure prys gegee. Anton as pa, as eggenoot, as vriend en as kameraad het die stryd gestry, die reis voltooi en die land bevry. Lank lewe die vryheidsgees van Anton Lubowski.
12 September is Anton Lubowski-dag en laat dit so wees!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie