Huldeblyk aan onderwysers

Leandrea Louw
Wêreldonderwysersdag is gister internasionaal gevier. Om dié dag in Namibië te herdenk is ’n spesiale geleentheid gister op Walvisbaai gehou. Die tema van vanjaar se vieringe is “Onderwysers se rol in onderwys se herstel post-Covid-19”. Kerse is gebrand ter nagedagtenis van onderwysers wat landswyd die stryd teen Covid verloor het. Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, asook die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, het boodskappe van hoop gedeel. Foto Leandrea Louw

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer