Huldeblyk aan oom “Karretjie” van Wyk
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Aan die begin van die jaar 2020 neem ek aan, my vriende en kennisse, dat 2020 tot 2030 die dekade van dood gaan wees. Dit gaan die dekade wees waarin baie van ons wat nie “born-frees “ is nie, totsiens gaan sê en afskeid gaan neem van ons wêreldse bestaan. Ons sal vaarwel roep aan al ons wêreldse suksesse, mislukkings, oorwinnings en terugslae.
Een so ’n persoon is oom “Karretjie” wat ons vroeg verlede Woensdagoggend vaarwel gegroet het. Oom “Karretjie” is nou nie ’n bekende soos ander wat hom vroeër ontval het nie, met spesiale verwysing na een van ons politieke reuse, oom Dirk Mudge. Oom “Karretjie” was die sagte rooigrond, asook die harde mika-rots/klipgrond en so ook die droogte en die ondergrondse water van die Rehoboth-gebied. Sy taal, kennis, vermoëns en selfs onvermoëns was geslyp en versteend in die tradisie van die Rehoboth Baster. In die jare wat ek oom “Karretjie” leer ken en geken het, het hy nooit weggeskram of probeer wegredeneer dat hy ’n Baster in murg en been was nie. Behalwe vir sy onverskrokke geloof in sy herkoms, het hy in sy lewensiening, voorsiening gemaak vir ander en dit word reflekteer deur die beroep van keuse van oom “Karretjie”.
Hy was een van die “ ouens van daar” wat die morderne Windhoek gebou het, maar in latere jare was hy meer bekend vir sy absolute bekwaamheid as padskraper. Oom “Karretjie” se werk was om ongelyke paaie gelyk te maak. Hy moes onveilige paaie veilig maak, onbegaanbare paaie begaanbaar maak en onoorbrugbare paaie oorbrugbaar maak. Hoeveel van ons wat op die grondpaaie gereis het wat oom “Karretjie” vir ons reisbaar gemaak het, het geweet van hom, en daarom skuld ek dit hom om hulde aan hom te bring. Sy harde en danklose werk het gesorg dat families veilig verening kon word, dat geliefdes by mekaar kon uitkom en daar waar onenigheid was, die pad gelyk geskraap was om mekaar te vind. Hy was van die geslag padskrapers waarby hulle hul sigaretdosie oor die grondpad laat gly het om te bepaal hoe gelyk die pad was. Hy en sy soort wat soos die geharde kameeldoringboom skadu en beskerming gee waar geen bveskerming is nie, sal lank na hul heengaan steeds skaduwee en beskerming bied.
In ons lewensreise, wanneer die paaie ongelyk, onbegaanbaar en onmoontlik lyk, kom ons dink aan die padskrapers soos Oom “Karretjie” wie se lewensplig dit was om ons paaie gelyk en begaanbaar te maak, en sodoende ons land en volk te verening. Oom “Karretjie”, rus in die koelte van jou selfgeplante kameeldoringboom en rus sag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie