Huldeblyk aan wyle kameraad Salomon Frederick Gamatham
/AWEBAHE JOHANNES //HOESEB SKRYF:
Ek, /Awebahe Johannes //Hoeseb, het in Januarie 1994 met bevordering diens aanvaar as die skoolhoof van Piet Diergaardt Primêre Skool te Tsumispark, en my liewe ma, /Augu Aletha ?Hoeses, het daardie hele jaar saam met my daar kom bly.
Sy het eendag toe ek na skool by die huis aangekom het vir my vertel daar is ’n man wat van Rehoboth se kant af, en soms van Kalkrand se kant af, direk begraafplaas toe ry; vir ’n geruime tyd by die grafte gaan vertoef, weer in sy toekar klim en terugry in die rigting waarvandaan hy gekom het.
Op ’n middag het sy my dringend geroep, en toe ek uit die huis op die voorstoep kom waar sy besig was met naaldwerk, beduie sy met haar vingers na die begraafplaas se kant toe. Sy het vir my gesê daardie einste man het pas weer tot by die begraafplaas kom gery, uit sy kar geklim, die jaarts ingegaan het en dat hy nog daar by die grafte staan.
Ek het besluit om maar te wag totdat hy uitkom, en vir hom ’n groet gewuif. Hy het ook met sy hand op my groet reageer, in sy kar geklim en in Rehoboth se rigting gery.
Die Damaras het dieselfde gebruik as in die ?Nukhoe-kultuur en -tradisie om met onse voorvaders te kommunikeer. Ons praat met hulle en strooi tabak en dit word "tsekhum" of "tsekom" genoem.
Ek het navorsing gedoen en uitgevind die besoeker aan die begraafplaas is Salomon Gamatham, iemand van wie ek vantevore by my ma se niggie se seun, wyle Abraham ?Ûseb, ’n vryheidsvegter en oorlogsveteraan, gehoor het as een die sleutelfigure in die binnelandse vleuel van Swapo en die stryd vir bevryding en die onafhanklikheid van onse land.
Deesdae is daar baie mense wat daarop roem dat hulle geveg het vir die bevryding van onse land. Hulle spog met hul sogenaamde heldhaftige optrede en dade, waarvan net hulle kennis dra.
Sommige se verstand word so aangetas deur al die nare onwaarhede wat hulle kwytraak dat hulle oordryf en lateraan ylend sê: “I fought in the struggle for this country and died on the battlefront.”
Onderwyl hulle springlewendig is, sonder enige skrapie of knop of letsels op hul liggame, blaas hierdie lewende dooies hul eie beule.
“Hoa |gînadi ge ?apubehesa anu tama hâ, ?na-amaga |nî |gînade ko xawe ta mû, !gâ xawe ta ?nâu, tsâ|kha xawe ta !kho ka ?hi!a, |araba xawe ta ?nau!an.”, tin ge ?Nukhoena ?khoa rase ra ?gan!hoa."
Juis daarom laat begaan ons maar sulke mense, en dit is hoekom hulle baie aansien, wat hulle nie glad verdien nie, in ons gemeenskappe geniet, en ook belangrike posisies op verskeie vlakke beklee op grond van daardie skandelike onware, nare spoggery.
Vele ander, soos wyle kameraad Salomon Gamatham, het nooit teenoor my of andere in die openbaar geroem oor alles wat hy tydens die vryheidstryd deurgemaak het nie.
Hy het nie vertel van die kere wat die veiligheidspolisie hom in hegtenis geneem het oor sy politieke bedrywighede en openlike verset nie.
Hierdie was ’n held van die vryheidstryd wat nie soos baie ander agter die gordyn van die “baie belangrike persoon” geskuil het nie, maar eenvoudig toeganklik was vir enige mens, ongeag voorkoms, ras, velkleur, ouderdom, inkomstestatus of geslag.
Kameraad Gamatham was altyd netjies aangetrek en het selfs diegene soos ek wat veel jonger as hy is met die grootste respek aangespreek en behandel. Sovêr my kennis strek, was hy ’n omgeemens wat vir baie mense ’n steunpilaar was, en ook ’n ?gurihaib vir sy familie, kennisse en vriende.
Hy was as't ware die ware toonbeeld van “we are never really happy until we try to brighten the lives of others” (Helen Keller).
Mag die Here die siel van hierdie nederige vryheidsvegter, ’n held van Tsumispark en Namibië, ’n mens-mens, in salige vrede laat rus. Hy is geregtig daarop volgens wat opgeteken is in Matheus 25:40.
Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie