• Tuisblad
  • Motors
  • Hulle vervoer jou vrag na bestemmings oral in die land
Hulle vervoer jou vrag na bestemmings oral in die land
Hulle vervoer jou vrag na bestemmings oral in die land

Hulle vervoer jou vrag na bestemmings oral in die land

Gerine Hoff
Deon Eysele

Lubbe Transport Group (LTG) as een van die drie sake-eenhede van Lubbe Holding Group het van ’n nederige begin reeds sy vloot tot 12 verskillende vragmotors uitgebrei. Dis beskik oor vragmotors van vier ton tot 30 ton om feitlik enige vrag landwyd te vervoer.
Die bestuurder van LTG, mnr. Burger van Taak, het gesê die meeste van hul vragmotors is toegerus met geslote bakke (kasvorm) om vrag teen die elemente te beskerm, maar ook om te verseker dat dit veilig is.
’n Groot deel van hul vervoerwerk, is vir kliënte wat op ’n gereelde grondslag van hul dienste gebruik maak.
“Ons doen aflewerings na alle uithoeke van die land, maar ook vir kliënte in en om Windhoek.
“Verkieslik doen ons nie oorgrensvervoer nie,” het Van Taak gesê.
Een van die voordele van Lubbe Transport, is dat hulle oor ’n 30 ton koeltrok en ’n 12 ton koeltrok beskik.
Van Taak het beklemtoon dat die maatskappy nie sy vragmotors verhuur nie.
Uiteraard beskik hulle dus oor hul eie drywers en werkers om die vrag te hanteer.
Volgens hom is hulle in staat om feitlik enige vrag tussen 4 ton en 30 ton te vervoer.
Die maatskappy het ook ’n 12 ton leunwa wat beskikbaar is om voertuie, trekkers en ander konstruksietoerusting te vervoer.
“Ons tariewe is baie mededingend.
“Ek wil amper waag om te sê dat ons goeie bestuurspraktyke dit vir ons moontlik maak om met ons tariefstruktuur meer as mededingend te wees.
“Voornemende kliënte kan ons gerus vir kwotasies nader,” het hy genooi.
Van Taak sê toe hy ’n jaar gelede by LMT begin het, het hulle net vier vragmotors gehad in teenstelling met die 12 waaroor dit nou beskik. Omdat dit die amptelike verspreider van FAW-vragmotors in Namibië is, is dit ook dié vragmotors wat hulle gebruik.
Hy sê een van die grootste glanspunte van die voertuie, is die uitstekende brandstofverbruik.
“My ervaring is dat die vragmotors se dieselverbruik heelwat beter is as mededingers in die mark. Waar dieselfde 8 ton vrag­motor van ’n ander handelsmerk vir ons byvoorbeeld tussen 3,6 tot 3,8 km/l gee, word met die FAW tussen 4,5 tot 4,8 km/l aangeteken. Dit is baie goed,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer