Hulle wil jou hartsnare roer
’n Groep talentvolle musici bied op 8 Desember ’n strykkonsert by die NG Kerk op Swakopmund aan.
Christa Lambrechts, leier van 'n vioolskool en leier van die Young Strings and Strings Attached, sal die gehoor wys hoe musikale vordering oor die jare bereik word, van jong beginners tot by gevorderde leerlinge. Sy word bygestaan deur Susann Kinghorn en twee tjello-leerlinge. Christiane Ast van Trio Feminale, die bekende musikale trio van die kus, wat ook 'n komposisie sal speel, skuif agter die klavier/ klavesimbel in. Viool-, altviool-, tjello- en kontrabasmusiek sal die vertrek vul.
Verskillende musikale genres, soos onder meer die Sonata, die Concerto, die Concerto grosso en ander sal gedurende die strykkonsert opgevoer word.
Kaartjies kos N$50 per persoon en kan by Nadia bespreek word by 064 404 040; kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees. Die sitplekke is nie genommer nie, dus dié wat eerste opdaag sal die beste sitplekke kry.
Die konsert begin om 18:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie