Hulp kniehalter
Hulp kniehalter

Hulp kniehalter

Estelle de Bruyn
Die oorloggeteisterde Suid-Soedan het werkspermittariewe vir buitelandse noodlenigingswerkers met 100% tot US$10 000 verhoog, ondanks ernstige hongersnood in die land.

Die Verenigde Nasies (VN) het ver­lede maand hongersnood in dele van die land afgekondig. Dit is die eerste keer in ses jaar dat die wêreld so 'n katastrofe in die gesig staar.

Byna die helfte van die bevolking, nagenoeg 5,5 miljoen mense, sal na verwagting teen Julie nie 'n betroubare bron van voedsel hê nie.

Ondanks die krisis vra Juba van 1 Maart af US$10 000 vir buitelanders wat in 'n “professionele hoedanigheid” werk, US$2 000 vir hande-arbeiders en US$1 000 vir deeltydse werkers, het die ministerie van arbeid in 'n dekreet gesê.

Volgens Edmund Yakani, die uitvoerende direkteur van die plaaslike welsynsorganisasie Community Empowerment for Progress Organizations (CEPO), is dit daarop gemik om die aantal humanitêre werkers in die land te verminder.

Hulporganisasies sê hulle staar dikwels beperkings in Suid-Soedan in die gesig. In Desember het Juba die direkteur van die Noorweegse raad vir vlugtelinge uit die land geskop nadat hy vir meer as 24 uur aangehou is, sonder dat enige klagte teen hom aanhangig gemaak is. 

- Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!