Hulp met vakansiedepressie
Hulp met vakansiedepressie

Hulp met vakansiedepressie

Daar is altyd hulp en iemand wat bereid is om te luister en te ondersteun.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith - Die opgehoopte ekonomiese, werk-, akademiese en persoonlike druk wat teen die einde van die jaar tot chroniese spanning en depressie lei, verhoog die risiko van selfdood gedurende die feestyd, maar kenners meen hulp is beskikbaar en het dié wat sukkel, aangemoedig om uit te reik.

Volgens ‘n studie wat verlede jaar deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) vrygestel is, pleeg ‘n gemiddeld van 40 mense maandeliks in Namibië selfdood. Die laagste aantal selfdoodgevalle is in Februarie, terwyl die gevalle in die laaste maande van die jaar styg en in Desember byna verdubbel.

Kenners wat aan die studie deelgeneem het, het gewaarsku melankolie oor die vakansie is weens ‘n verskeidenheid redes ‘n werklikheid wat ‘n gevoel van hopeloosheid en wanhoop kan uitlok. Dit sluit in om geïsoleerd te voel wanneer ander as familie en vriende saamtrek om die Kersseisoen te vier, ‘n verhoogde fokus op geld, eksamenstres en ‘n tyd wanneer teruggekyk word op die verlede, hede en toekoms.

“Mense ervaar toenemende sielkundige simptome en chroniese stress tydens ‘n ekonomiese krisis omdat onsekerheid oor werk en finansies ‘n bedreiging tot hul bestaan is. In die maande wat tot die einde van die jaar lei, sê mense dikwels hul klou bloot aan die daaglikse vas en het die einde van hul pad bereik,” het die kliniese sielkundige me. Heidi Burmeister-Nel gewaarsku.

Volgens haar is verlengde spanning dikwels ‘n risikofaktor vir die begin van probleme met geestesgesondheid.

Sy sê die opbou van kommer en chroniese stres deur die loop van die jaar, tesame met bykomende emosionele terugslae saam met geringe ondersteuning of hulpbronne, kan lei tot ‘n totale gevoel van wanhoop en selfdood as ‘n manier om te ontsnap.

Die kliniese sielkundige mnr. Shaun Whittaker sê op sy beurt die feesseisoen laat val die kollig op ‘n gebrek aan werk wat die gevoel van “hulpeloosheid en ‘n las vir ander versterk. Hulle sien dus nie uit na die volgende jaar nie.”

Hy het bygevoeg ouers en kinders “het pas die stres van eksamens oorleef en moet nou die verwagtinge van hul kinders oor die komende vakansie in die gesig staar. Hulle ervaar dus toenemende finansiële druk.”

‘n Derde element is toenemende buitemuurse aktiwiteite en ‘n gevoel om jouself met ander te vergelyk wat die vakansie geniet, terwyl dié met depressie nie dieselfde voel nie.

Me. Charlemaine Husselmann van Lifeline/Childline Namibia sê diegene wat die feesseisoen alleen binnegaan en vervreemd van vriende voel, sal meer depressie en angs ervaar en ‘n “gevoel van woede oor die situasie wat veroorsaak het dat hulle alleen is. Ons vind dus mense drink meer of verval en vernietigende gedrag.” het sy gesê.

Volgens Whittaker "gaan ons almal deur emosionele goeie en slegte tye. Dit is die werklikheid van menswees. Selfdood is egter nie ‘n oplossing nie omdat die emosionele pyn nie vir altyd voortduur nie.”

Husselmann het beklemtoon hulpbronne is beskikbaar en om uit te reik is noodsaaklik.

“Daar is altyd hulp daar buite, iemand wat bereid is om te luister en jou in hierdie moeilike tyd te ondersteun. Jy is nie alleen nie.”

Sy het beklemtoon sou familie of vriende nie bereik kan word nie, is Lifeline/Childline dwarsdeur die feesseisoen en ingesluit Kers- en Nuwejaarsdag altyd beskikbaar om ondersteuning te bied.

Burmeister-Nel sê die wat in die greep van wanhoop vasgevang is, moet besef hulle het “niks om te verloor deur uit te reik vir hulp nie. Moenie probeer om hierdie donker tyd op jou eie te bestry nie.”

Volgens Burmeister-Nel kan die meeste gesondheidsprobleme behandel, bestuur en genees word, maar maan tyd is belangrik.

Sy het daarteen gewaarsku om gevoelens net ter syde te stel of simptome in ander te ignoreer.

“Om met gevoelens te koester, is ernstig en dit is nie ‘n kwessie van jouself net regruk nie. Dit is nie ‘n swak karaktereienskap nie. Sielkundige, psigiatriese en mediese sorg is absoluut noodsaaklik. Ander tipes ondersteuning is ook belangrik, maar geestesgesondheidsprobleme moet behandel word deur die wat gekwalifiseer is om dit te doen,” het sy gesê.

Ongelukkig reik net sowat 60% van mense uit vir hulp en speel familie en vriende ‘n noodsaaklike rol om die gevaartekens in iemand anders se wanhoop raak te sien.

Gevaartekens sluit in slaaploosheid, ‘n geskiedenis van geestesongesteldheid, ‘n gevoel van hopeloosheid, ontrekking van familie en vriende, min energie en die onvermoë om te konsentreer. Ander tekens sluit in ernstige moegheid, geïrriteerdheid, gevoelens van waardeloosheid en die onvermoë om ‘n oplossing vir die krisis of hoop vir die toekoms te sien.

“Of jy geestesongesteld is of nie, om gereelde gedagtes oor dood of sterfte te hê en geen ander alternatief te sien nie, is ‘n simptoom, net soos koors of pyn die simptome van griep is,” het Burmeister-Nel verduidelik.

“Dit moet ernstig opgeneem, aangespreek en behandel word,” het sy gesê.

Met hulp kan die donker prentjie ten goede verander en lewens red.

“Die meeste wat in so ‘n situasie was en daardeur kon kom en hulp ontvang het, kyk terug met ongeloof en dankbaarheid omdat hulle deur dit is. Hulle kon nie ‘n ander uitweg sien toe hulle in wanhoop verval het nie, maar is wel daar deur gekom.”

Lifeline/Childline Namibia het tolvrye hulplyne 116 en 106 asook die krisislyn 232221 beskikbaar wat deur die feesseisoen bereikbaar is. Die lyne is van Maandag tot Sondag asook op Kers- en Nuwejaarsdag vanaf 08:00 tot 18:00 beskikbaar. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!