Hulp om bewaringsgebiede beter te bestuur
Hulp om bewaringsgebiede beter te bestuur

Hulp om bewaringsgebiede beter te bestuur

Die Europese Unie (EU) het twee subsidies geskenk aan organisasies wat hulle beywer vir die ontwikkeling van Namibië se gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronne-bestuursektor (CBNRM).

Die eerste subsidie van 798 000 euro is aan die Namibië Natuurlewestigting (NNF), Namibia Development Trust (NDT) en Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC) geskenk.

Die organisasies fokus op die beter verdeling van billike voordele deur verhoogde aanspreeklikheid van bestuurstrukture en aktiewe gemeenskapinsluiting by besluitneming.

Dit sluit in die samewerking met bewaringsgebiede en hul lede om ’n goeie kultuur van bestuur te ontwikkel en om met die ministerie van die omgewing en toerisme saam te werk om beter monitering en aanpasbare bestuur te ondersteun.

Die tweede subsidie van 436 817 euro is aan Nyae Nyae-ontwikkelingstigting in Namibië geskenk.

Dit om bestuur en leierskap te ontwikkel, en gemeenskapsbetrokkenheid en die sigbaarheid van die mees gemarginaliseerde San-bewaringsgebiede, die Nyae Nyae, en die N‡a Jaqna, te bevorder.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!