Hulp versoek met begrafnis
Hulp versoek met begrafnis

Hulp versoek met begrafnis

Dani Booysen
Benjamin Isaacks skryf:
Dankie vir die plasing van ons brief (“Ouma Katrina se familie gesoek,” 24 Mei 2017).
Ons het nou alles probeer. Foto in die koerant, foto op TV, op WhatsApp rondgestuur, maar ons kon geen familie van Ouma Katrina (haar Harambee-naam is Anna Waterboer) opspoor nie.
Ons wil maar vir Ouma, wat op 7 April 2017 oorlede is, hierdie Saterdag begrawe, maar ons soek asseblief hulp in enige vorm.
Ouma het by ons in Havana gewoon. Sy het iewers in die 1900’s vermoedelik vanaf Mariental na Windhoek gekom en het onder ‘n berg hier waar Havana nou is saam met ‘n man gewoon. Sy het heeltemal ophou praat en is nadat die man oorlede is eers deur ander mense versorg, voordat ons haar ingeneem het.
Ons sal baie waardeer as die koerant se lesers ons kan help. Mense kan my by 081 650 7371 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!